u201cDit is iets vir 'n seer oogu201d
u201cDit is iets vir 'n seer oogu201d

“Dit is iets vir 'n seer oog”

Gerine Hoff
Op Rehoboth deel AR briewe uit sodat mense kan teken om erwe te kry. Hulle moet N$30 betaal maar kry geen kwitansies nie? Daar is ook geen kontaknommers op die brief nie. Dit is duidelik net ’n foefie soos Hydraform. Mense, maak julle oë oop.

Hoekom word Hardap Region se governor se ongeluk nie op NBC nuus gewys nie? Wat skuil daar?

Ná ’n deeglike observasies sedert die inhuldiging van die nuwe raadslede by Keetmanshoop munisipaliteit, die volgende: Die kantoor van C.O. is doelbewus besig om die gemeenskap in konflik te wil plaas met die gekose raad. Die versoeke of aansoeke oor grond bereik nooit of selde die raad en die besluite wat die raad neem bereik ook nie die gemeenskap op tyd soos veronderstel nie. En dit lei tot groot ongelukkigheid onder die gemeentskap wat tot verreikende gevolge mag lei. Geliewe asb. regstellings te maak om die moontlike ongerief vir albei partye te vermy. Die gemeentskap is keelvol vir voetslepery. Its time for prosperity and Harambee, no one must feel left out.

Met die droogte en kospryse wat so duur word, het ons geen ander opsie nie. Ons sal maar die "fat cats" moet slag! Ek skat een so "fat cat" kan 'n gesin van 5 vir 2 maande aan die gang hou. Ons kan "fat cat" resepte uitruil en hulle kan 'n "fat cat" ondersteuningsgroep stig. Daar's hoop in die wapad!

Tien uit tien vir die man in blou en khaki met sy rubriek "Geen rykdom sonder mekaar nie". Hy is reg: Ons waardes is weg. Ons is op pad in verkeerde rigting. Daar is geen rykdom sonder mekaar nie. Hierdie gierigheid en selfsug moet einde kry! Begin deur die heel kleintjies reg te leer. Stel die voorbeeld! CSx

Mens wonder of ons goalkeepers op standaard is soos die balle so PASELLA ingaan.

Ek sit Sondag en bekyk die ligtoring van Swakopmund. Dit is iets vir 'n seer oog. Vuil en met verf wat oral afdop. Wie is vir die instandhouding verantwoordelik? En dít by 'n dorp wat meeding vir 'dorp van die jaar 2016'? Dit is een van die bekendste bakens in Swakopmund en kan wragtie beter daaruitsien.

Goeie vriende en familie is meer werd as al die goud in die wêreld.

Verstaan en sien ek mooi? Die blad het nou ’n algemene klagblad geword? Sê sommer mekaar sleg ook. Kla oor die goed wat saak maak. Ons land is besig om erg agteruit te gaan waar ons arm en middelklas mense nou erg aan die agterspeen suig. Selfverryking en bedrog is aan die orde van die dag. Vat hande mekaar en doen iets eerder as om oor onbenulligheid te kla mense.

Waar kan ons kontakbesonderhede kry om lid te word van die oud mynwerkersunie?

Ek is op soek na ’n advokaat wat medical malpractice sake hanteer. Privaat. Nie teen die staat nie.

Die eienaars van busse wat tussen Windhoek/Kaapstad ry sorg, asseblief dat jul aanboordtoilet voor elke rit in werkende toestand is. Onlangs kind ’n glips gehad en almal moes in daai stank sit vir 87 km voor die volgende stop.

Het iemand vir my die Afrikaanse movie Die gekke genie-Hans wors? Skakel 0813088335.

It was a deliberate move by the Government to appoint Utoni Nujoma as Lands Minister to stock his people with farms in the South at the expense of the local people. Southeners have been sold out in all areas, face it! You only have yourself to fight for what is rightfully yours! From Khaimare

Ministry of Health, wat vang jul aan op die lughawe? Wag besoekers in met papiertjies wat op staan: was jy onlangs in Liberië / Guinea? Het jy koors, diarree, vomeer, etc. Al die passasiers staan in elle lange rye op die aanloopbaan. Chaoties! Al twee vliegtuie wat geland het is van JHB. Net om jou papiertjie in te gee vir health officer? So as jy nou koors of diarree het, hoe gaan hul jou nou opspoor sonder besonderhede? Nee regtig, kan julle nie aan ’n beter manier dink om ons tyd te mors nie? Om nie eers te praat van die stormloop binne customs saal nie. Daar’s nie eers genoeg tafels of plek om jou paspoortvorm in te vul nie. Absoluut chaos – ’n mors van tyd. Skaam Namibiër

Min mense besef wat gaan gebeur as Windhoek se water opdroog. Dit word gebou en water word gemors. Bestel solank rottegif as die pes ons inhaal.

Ek wil net baie dankie se aan Romy en Mouna vir die blomme vir moeders dag van ons almal. Toekie

Mnr. President, u sal nooit armoede kan uitroei alvorens u nie sjebiens toemaak nie. Vergeet dit. Ek betreur u besluit. Bring permitstelsel in. Bekommerde Baster

Hydroform: Hy skuld my ook! Niemand antwoord nie. Kan ons iewers bymekaar kom laat ons planne maak om ons geld kry? Laat ons saam staan asb., help tog. Ons is ou mense. Hy het al os geld gevat groot asb. help tog.

Ek is ’n dame van 76 jaar ek was onlang by NaTIS kantoor op Rehoboth en was geskok! ’n Klerk wat daar werk vertel vir my ek moet agter in die ry gaan staan. Toe ek hom vra of hy my nie kan help nie, sê hy sien ek of daar geplak is dat hulle eerste moet ou mense help? Laat NaTIS van Windhoek kom en hom maniere leer.

Ek het die voorreg gehad om die eerste week in Mei saam mat vriende na Etosha te gaan vir 4 dae se kamp. Twee nagte in Namutoni en twee nagte in Okakuejo. Wat ’n fees. Met ons aankoms in Namutoni was daar fout met ons bespreking maar die personeel by ontvangs het ons sommer gou baie vriendelik gehelp. Die ablusie geriewe was oud maar silwer skoon en heel. Elke oggend is dit baie mooi skoongemaak. Okakuejo was net so mooi en skoon. Die ablusieblokke lyk splinternuut. N$3900 vir 7 mense vir 4 nagte. Wat ’n fees. Nee wat, die mense wat kla is regtig verkeerd. Gerhard

Dis seer, baie seer. My seun by Unam kan nie sy eksamen skryf wat Vrydag begin nie, loan kan nie betaal word nie. Ek kan ook nie omdat ek sieklik is en nie meer werk nie en met my spaargeldtjies moes ek die hostel betaal. Hy het sy afgelope toetse so mooi gedoen 90, 70 en 80 persent. Kan iemand my se waar ek help kan kry asb?

Ek wil net graag vir my man Johan Links baie dankie sê vir die onbaatsugtige daad wat hy gedoen het deur sy ma se ou groot gewelhuis op die plaas reg te maak. Hy het sy huis finansieel afgeskeep om sy 90-jarige moeder te help. Baie dankie dat jy jou moeder geëer het. God sal jou daarvoor vergoed. Baie dankie vir Hudan, Emma en familie kinders wat gehelp het ook, en dit kom van jou vrou Sylvia Links.

Iets van ’n ander aard: Die Sun koerant het ’n rubriek gehad waar mens ’n advertensie kon insit vir vriendskap. Waarom kan Republikein nie ook so iets begin nie? Ek vra maar net... Hoekie vir eensames, jy weet...

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!