Dit is lu00e1u00e1t in die dag
Dit is lu00e1u00e1t in die dag

Dit is láát in die dag

Só sê ander:
Denver Kisting
Denver Kisting - Oor die gegewe dat die 2018-dag in ’n gevorderde stadium is, redekawel niemand nie.

Die verbruiker se fut is uit. Die poppe dans, reken baie.

’n Kultuur van agterdog is oënskynlik al wat vooruit boer.

Om te sê dat die moraal van die deursnee-Namibiër kritiek laag is, is om van ’n reuseberg ’n molshoop te maak.

Daar is niks wat mens so ’n helder blik op die ellendige stand van sake gee soos ’n Vrydagaandpatrollie met die polisie nie.

Talle Namibiërs is in lewensbedreigende moeilikheid.

’n Mens moet waak daarteen om ongenuanseerd en onoordeelkundig van morele verval te praat.

Om morele polisie te speel, is deurgaans riskant.

Daar is egter ’n beduidende aantal werklikhede, waarmee die land tans te kampe het.

Ons vlakke van geslagsgegronde geweld lê al wat ’n veldtog daarteen aan bande.

Geweld in die algemeen is allesbehalwe seldsaam.

Wat soos ’n goue draad deur dié betreuenswaardigheid loop, is hoe ons ons aan alkohol vergryp.

In Namibië reken ons ons kan álles beter maak met alkohol.

Ek wonder of ons ooit wonder oor die moontlikheid dat ons álles vernietig met alkohol.

Kersfees, weet ons, is enkele dae weg.

In dié tyd neem baie van ons, voggies in die hand, ons jaar in oënskou.

Van ons neem bestek van wat ons reis goed gesind was en wat nie.

Die tyd vir ’n nugter gesprek rondom alkoholmisbruik is nóú – selfs al vind die gesprek net met onsself plaas.



Volksblad

In ’n land wat na gemeensaamheid en harmonie dors, maar pal verstik aan haatspraak, rassisme, vooroordeel en nyd, is dit onontbeerlik dat leiers die voorbeeld deur woord en daad stel.

In die gees van die Grondwet dat die mense van Suid-Afrika glo dat die land “behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid” en dat “elke burger gelyk deur die reg beskerm word”, dra pres. Cyril Ramaphosa se kragtige boodskap op Versoeningsdag die stempel van tydige staatsmanskap. As dit ooit nodig was dat Suid-Afrikaners Ramaphosa se vermaning aanvaar dat 16 Desember met die koms van demokrasie “ ’n dag van versoening vir ons almal” geword het, is dit nóú.

Dit was nie ’n blote naamsverandering (van die dag) nie, maar ’n keuse van Suid-Afrikaners vir die waardes wat ons demokrasie definieer. Suid-Afrikaners het vrede pleks van oorlog gekies, eenheid pleks van onenigheid en, les bes, versoening pleks van haat, sê hy.

Dit is ’n gepaste uitspraak, want nes ’n vis van die kop vrot, moet die verandering van ’n kultuur ook met leiersgesag van bo gedryf word.

Die jaar 2018 is, ondanks deurbrake, nie een waar-op Suid-Afrikaners trots kan wees nie.

Buiten misdaad, geweld (selfs in die parlement), korrupsie en onreg, dreig rasse-onmin om die hut-spot van onverdraagsaamheid te laat oorkook. Die land kan nie vuurstokery bekostig nie, veral in ’n tyd waarin gemoedere oor grondonteiening sonder vergoeding nerfdun en is en die presiese plan daar-mee nog nie uitgestippel is nie.

’n Laagtepunt is Andile Mngxitama se tartery dat Black First Land First (BLF) vyf wit mense wil dood-maak vir elke swart mens wat doodgemaak word. Klagte oor die uitspraak is tereg by die Onafhanklike Verkiesingskommissie, die Menseregtekommissie en die gelykheidshof ingedien teen BLF – wat aspireer om as ’n politieke party vir die verkiesing in 2019 te registreer!

Ramaphosa se vroeëre oordeel dat mense soos Mngxitama geïsoleer moet word, sluit by sy versoeningsdagboodskap aan.

Gewis kan nie geduld word “dat die hele nasie ge-reduseer word tot dit wat mense wat vol haat is, sê nie”. Dat die ANC daarmee lei, soos Ramaphosa sê, bly betwisbaar.

Kommentaar

Republikein 2025-04-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer