Dit is moeilik om (grond-)kaf van koring te skei
Populiste wil verkiesingsmunt slaan
Dr. Kobus Laubscher – Die jongste polemiek oor ’n beweerde lys van plase wat sonder vergoeding onteien gaan word, is tekenend van voorverkiesing geraas, of is dit nie?
Dié omstrede uitsprake kom dalk nie van hoog genoeg gesag binne die regerende party nie, maar dieselfde party se leierskap se stilswye is ewe opvallend. Mediaberigte dat hooggeplaastes nie van so ’n lys geweet het nie, word met reg swaar gesluk.
Daar kan bepaald argumenteer word dat die twiet oor die beweerde lys tipiese voorverkiesingsretoriek is, maar as sodanig kan dit egter nie geïgnoreer word nie.
Daar word uitgesien na regstellende kommentaar, synde dié siening in stryd is met wat onderhandel is ten opsigte van die grondkwessie.
In dieselfde asem word daar ook bespiegel oor die sinvolheid van beleggings in die landbou, en die doodgewone vrae soos die aankoop van ’n plaas en die verkoop van ’n plaas. Die onsekerheid oor watter beleid ten opsigte van grond uiteindelik die paal gaan haal, word verreken en speel beslis ‘n rol by sulke besluite.
Enersyds bly beleggingsbesluite risikogekoppel, maar tot watter mate beleidonsekerheid deel moet wees van die risikoprofiel, word vertroebel met retoriese uitsprake wat duidelik bedoel is om stemme te werf.
Politieke kommentators is dit egter eens dat duidelikheid oor die grondkwessie verder strek as wat nou in die Noord-Kaap aan die orde gestel wil word.
Dit is duidelik dat behoorlike kommunikasie binne die regerende party onvoldoende is; vandaar die opportunisme. Andersyds was onvolledige kommunikasie aan die orde aan die begin van die proses van onderhandelinge en wilde gerugte het die ronde gedoen.
Tipies planmaker, het boere hande gevat, deeglike introspeksie gehou oor die status quo en vorendag gekom met voorstelle wat die hele proses met spronge laat vorder het.
Grondonteiening is nie net ’n plaaslike probleem nie en om dit te gebruik om foute van die verlede reg te stel, is aanvaarbaar mits daar orde is en dit prosesmatig gedoen word.
Wat egter belangrik is, is dat die huidige prosesse en benaderings eers “ontfout” moet word. Dit gaan mank aan ‘n legio tekorte en sukkel as gevolg van korrupsie, bewese administratiewe onbeholpenheid en die jongste bewyse van nepotisme.
Die proses kan nie net gestop en herkalibreer word nie. Die nuwe pad moet gebou word terwyl ons daarop loop.
In dié opsig is uitsprake soos die Noord-Kaap se kortsigtigheid hoogstens struktuurfoute wat reggestel kan word, sonder om die bedoelde pad te verlê.
Suksesvolle landbouproduksie verg enorme beleggings en om mededingend te bly, word al hoe moeiliker. Ons boere lewer daagliks bewys van hul vermoë om nie net by te bly nie, maar leiding te neem.
Boerderypraktyke word toenemend aangepas met beter uitkomste en in dié opsig is dit nodig dat almal duidelikheid kry oor die pad vorentoe. Landbouleiers het geen ander keuse nie as om so wyd as moontlik oplossings te soek en veral by lande waar daar dalk al groter politieke volwassenheid is. Dit is allermins om simpatie op te wek, maar bedoel om rasionele besluitneming te vestig.
’n Mens sou eerder verwag dat die betrokke Noord-Kaapse populiste meer respek sou betoon vir die bewese waarde wat landbou openbaar, net deur ag te slaan op hul hantering van die ná-droogte plant van stapelvoedsel.
Dit was produktiwiteit in die hoogste rat – gebed in ‘n vaste geloof, pligsbesef en entrepreneuriese voortreflikheid. Die populiste gaan stembus toe met ’n mond vol kos!
Terug by die werklikheid is daar ‘n al hoe groter behoefte aan innovering. Nuwe planne is nodig vir nuwe en ou probleme om landbou sy regmatige rol te laat speel.
Wêreldklasnavorsing behoort dié innoverende denke te rugsteun, maar in die meeste van die lande in Suider-Afrika is die opneem van nuwe idees wat kan lei tot verbeterde praktyke, veel laer as die internasionale standaarde.
Benewens dat fiskale toewysing ten opsigte van navorsing en ontwikkeling totaal ontoereikend is – dit is die weeskind van toewysings – is daar ook kommer oor die gebrek aan politieke wil om méér met minder te doen.
Daar is nie ’n tekort aan wêreldklasnavorsers nie en netwerke van oor die wêreld is maar te gretig om hande te vat met navorsing op gebiede wat uniek is aan Afrika, maar die ou spreekwoord van “it takes two to tango” bly tog so waar.
Dalk moet die Noord-Kaapse populiste hul koppe lig (teen dié tyd moes hulle al hul koppe in skaamte laat sak het), en die hand aan die ploeg slaan. Daar is werk om te doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie