'Dit is weer soos 1994,' sê uitvoerende hoofde
Die vervanging van pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika deur pres. Cyril Ramaphosa het opnuut hoop vir sakelui gebring.
Die uitvoerende hoofde van Suid-Afrikaanse maatskappye sê hulle is vol vertroue dat sake- en verbruikersvertroue gaan verbeter nadat Cyril Ramaphosa tot president verkies is.
Ekonomiese groei en werkskepping behoort die resultaat te wees nadat Ramaphosa vir Jacob Zuma opgevolg het.
Hulle verwag ook dat verskeie projekte rondom beleid wat sakegroei sal ondersteun, weer sal herleef.
Dit lyk ook of dit onwaarskynlik is dat die land se soewereine skuld verder afgegradeer gaan word.
Verskeie maatskappye het onlangs hul half- of voljaarresultate bekend gestel.
Dít is wat uitvoerende hoofde toe gesê het:
Ian Moir, Woolworths
“Ons kyk nou nie meer af nie, maar op. Dit is besonder positief. In terme van verbruikersentiment sal dit 'n verskil maak.
“Ons praat van beter groei in bruto binnelandse produk, ons praat van fiskale verantwoordelikheid, ons praat van korrupsie wat onder beheer is.
“Dit is alles die regte goed. Dit is alles wat ons wou gehad het en ek dink ons kliënte gaan goed daarop reageer.”
Met verwysing na verlede week se begrotingsrede en die aankondiging dat die koers waarteen belasting op toegevoegde waarde (BTW) die eerste keer in 25 jaar verhoog word, sê hy: “Ja, BTW is verhoog en dit was 'n moeilike begroting. Die goeie ding is dat dit 'n fiskaal verantwoordelike begroting is.
“Ons kliënte gaan beter voel oor 'n begroting met fiskale verantwoordelikheid en die kleiner kans van verdere kredietafgraderings as wat hulle gaan voel oor die 1%-styging in BTW.”
Mark Lamberti, Imperial
“Ek dink as die president sy beloftes wat hy in die staatsrede gemaak het nakom – en ek het geen rede om te glo dat hy dit nie sal doen nie – gaan ons 'n vlak van beleidsekerheid sien soos nog nooit tevore nie. Dit maak dit makliker om besluite oor beleggings te neem.
“Jy gaan definitief 'n verbetering in verbruikers- en sakevertroue sien. Jy gaan sien mense belê meer.
“Jy gaan sien verbruikers is meer positief en bereid om daardie nuwe motor – waaroor hulle voorheen twee keer sou dink – wel te koop.
“Vir my is dit weer soos 1994. Ek is deur albei. Ek was net so opgewonde toe hy (Ramaphosa) uiteindelik president geword het soos ek was toe ek in 1994 in die tou gestaan het om te stem.”
Jose dos Santos, Cell C
“Sake- en beleggersvertroue is nou positief nadat Ramaphosa in Desember tot leier van die ANC verkies is.
“Ons het die positiewe reaksie in die sterker wisselkoers gesien.
“As die rand aanhou verstewig, hou dit groot moontlikhede vir Cell C in in terme van kapitaalbesteding.”
Met verwysing na die staat se planne om 'n weier spektrum te verkoop om die beskikbaarheid en spoed van breëband te verbeter sê hy: “ 'n Besluit oor die voorgestelde beleid en toekenning van spektrum moet bespoedig word. Ons moet ten minste duidelikheid kry en 'n besluit oor die pad vorentoe.”
Rob Wessels, AfriSam
“Ons as 'n sementmaatskappy het reeds 'n verbetering sedert die verkiesing van Ramaphosa gesien. Ons het reeds 'n verbetering in ons syfers vir Januarie en Februarie gesien.
“Ons sien groen lote in 'n sektor wat onder baie druk was. Private en residensiële bouwerk neem toe.
“Ons hoop om hierdie verbetering ook in die openbare sektor te sien selfs al weet ons staatsondernemings het tans nie geld nie. So ja, ons is versigtig optimisties.”
Andy Hall, Adcock Ingram
“Daar is geen twyfel nie: Daar is 'n hernude gevoel van optimisme ongeag mense se politieke verbintenis of enigiets anders.
“Dit is op baie maniere tot ons voordeel.
“Die president het onderneem om te verseker staatsagentskappe werk beter en dat verskaffers vinniger betaal word. Dit is duidelik tot voordeel van ons onderneming.”
Hall sê hy is ook positief oor hoe Ramaphosa se verkiesing die rand beïnvloed het. Hy verduidelik dat die meeste van hul koste-insette in dollar is. Met dié dat die rand sterker verhandel, is dit tot voordeel van die maatskappy.
“Die ander kwessie is dat dit die sentiment in die land verander. Mense bring meer tyd in winkelsentrums deur waar hulle voorheen tuis gesit en wonder het hoe hulle hul geld behoort te bestee. Ons is geweldig positief oor wat die nuwe president sê.”
Bernard Berson, Bid Corp
“ 'n Groot deel van die ekonomiese siklus hang van sentiment af. As jy dit kan regkry om sentiment om te keer en jy daardie positiewe gevoel kry, sal dié gevoel homself versterk. Sukses skep sukses.
– Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie