Dit reën lekkers!
Tanja Bause - Die 66ste Windhoek Karnaval (Wika) se parade het Saterdag deur die hoofstraat beweeg. Dié jaar het 47 deelnemers aan die optog deelgeneem en leerlinge van drie skole het ook saamgestap. Soos elke jaar het mense in Onafhanklikheidsrylaan saamgedrom om lekkers te vang wat van die voertuie af gegooi is.
Die drie nuwe prinspare is ook aan die publiek voorgestel. Die Wika-prinsesse is Carina 1, aus dem Rheinland (Schumacher), en die prins is Holly 1, der Absolute (Jensen). Prinsesse Alicia, mit allen Wassern gewaschen (Reiff) en Prins Andreas, der närrische Lichteffekt (Fechter), is die prinspaartjie van die Juka- of jeugkarnaval. Die KiKaWi of kinderkarnaval word deur prinsesse Jara, der tanzende Regenbogen (Reiff), en prins Timo, der Held vom Fußballfeld (Hüster), geregeer.
Op 11 April word die HeDaMa-aand gehou. Tydens die aand se vieringe hou die mans en die dames hul karnaval by afsonderlike lokale.
Volgens die voorsitter van die Wika-komitee, mnr. Holger Sircoulomb, is dit soms meer pret om sonder man- of vroulief te kuier.
“Die dames vier in die hoofsaal fees en die mans in die biertuin. Nadat die program voltooi is, kom hulle in die hoofsaal bymekaar om die res van die aand saam te kuier,” het hy gesê.
Die twee internasionale O&L-aande sal op 12 en 13 April gehou word. Die Büttenreden vir beide aande sal in Engels en Afrikaans gehou word. Die aande sluit toesprake van Andy Ost van die karnaval in Mainz in Duitsland in, asook ’n optrede deur die Suid-Afrikaanse komediante Goliath & Goliath. Ost sal ook by die Duitse aand op 14 April optree.
Wika sal op 15 April met die Kehraus afsluit.
Vir meer inligting, besoek www.wika.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie