Dit reën rockers en kampers
Lloyd Zandberg – Die eerste weergawe van moontlik die grootste rockfees in die geskiedenis van Namibië, Camp Rock, het die afgelope naweek op Steinheim-gasteplaas, sowat 45 km buite Windhoek op die C26-pad plaasgevind.
Die drie dae lange fees het sowat 950 feesgangers gelok.
Camp Rock het danksy Evane Storcbeck, wat op skrikkeldag verjaar, die lig gesien.
Die fees het Vrydag met ons eie Jacon en Taylor afgeskop, waarná Small Town Tramp hul slag op die verhoog gewys het.
John Rock Prophet het die Camp Rock-verhoog net voor sonsak aangedurf, met ’n welkome paar druppels wat oor die gasteplaas uitgesaak het.
Oomblikke ná John Rock Prophet se optrede het die hemele oopgemaak en gedreig om die res van die program omver te gooi.
Die organiseerders het egter op hul voete gedink en die res van die optredes onder die biertent ingeskuif.
Feesgangers het vasgebyt terwyl die nodige reëlings getref is. Anton Goosen se show was eerste van drie wat in die biertent plaasgevind het.
Die baie gewilde Suid-Afrikaanse alternatiewe rockgroep Spoegwolf het gesorg vir ’n intieme, maar energieke vertoning.
Francois van Coke is ook nie deur die reën teruggehou nie, en het feesgangers ná sy show vir hul teenwoordigheid bedank.
Teen Vrydagaand het dit opgeklaar.
Saterdag het die fees weer met woema hervat, met Tania Wiese, Savannah, Vaughn Ahrens en die Suid-Afrikaner Vernon Barnard.
Die plaaslike bluesgroep Roadhouse Blues was ’n hoogtepunt. Ons eie Janis Joplin, Andra, het haar show weens ’n vlugkansellasie verpas.
Albert Frost en sy groep het die dak laat lig en die Radio Kalahari Orkes het die gehoor die aand laat indans.
’n Vriend van Storbeck, DJ Costa, wat in die 90’s bekendheid vir sy dansmusiek verwerf het, het vanuit Engeland gereis om haar verjaardag te kom saamvier.
Saterdagaand se partytjie is deur DJ Frederick en Atticus afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie