Dit sal maar knor teen Argentyne
Afrigter Phil Davies sal moet uithaal as hulle die gunstelinge se appelkar wil omgooi.
Andrew Poolman - Die wedsyfers is vanaand opnuut swaar gelaai teen Namibië in sy eerste internasionale rugbywedstryd van die Wêreldbekerjaar 2019.
Johan Deysel en sy manne open hul aanslag op die Wêreldrugby Nasiebekertoernooi teen ’n kragtige Argentynse A-span in Montevideo, Uruguay.
Namibië (23ste op die wêreldranglys) sal ’n wenlose geskiedenis teen Argentinië (tiende) te bowe moet kom indien hy vanaand vir ’n opskudding wil sorg.
Die plaaslike afskoptyd in die kusstad Montevideo is om 15:30, oftewel 20:30 Namibiese tyd. Die wedstryd daarna is tussen die ander twee spanne in die toernooi wat volgende op Namibië wag, naamlik Uruguay (16de) en Rusland (20ste). Hou ’n oog op www.world.rugby vir regstreekse videostroom.
Soos die ranglys aandui, is Argentinië as rugbyland in ’n swaarder gewigsklas as Namibië. In drie ontmoetings by Wêreldbekers (2003, 2007 en 2015) het die Poemas dit reeds oortuigend bewys, asook met drie oorwinnings met sy A-span (2007 Nasiebeker in Boekarest) en Kees Lensing-hulle se toer na Argentinië in 2009 (twee wedstryde met tellings van 62-7 en 19-7).
So onlangs as April vanjaar het die Argentynse o.20-span met 64-8 op Stellenbosch ’n skouspel van hardlooprugby gelewer toe hy die Welwitschias XV in ’n vriendskaplike toernooi oorskadu het. Dié vertoning was tipies van die vloeiende vyftienman-rugby wat die Suid-Amerikaners die afgelope jare kenmerk.
Die o.20 wêreldkampioenskap skop juis vandag in Argentinië af en geen lid van die ligbloues se jongspan is dus vir hul A-span oorweeg nie.
Die leiding wat ’n geharde veteraan soos skrumskakel Martin Landajo (84 toetse, insluitend die 2015 Wêreldbeker, asook Superrugby-ondervinding met die Jaguares) vandeesweek aan die A-span kan verskaf, getuig van die taak wat vanaand op die Namibiërs wag.
Die vleuel Manuel Montero (27 toetse), senters Bautista Ezcurra (5) en Juan Cruz Mallia (4) asook stut Rodrigo Martinez (8) is ook volwaardige Poemas.
EEN DEBUUT
Die Namibiërs het Vrydagaand net voor middernag hul reis vanaf Windhoek (via Johannesburg en Sao Paulo) voltooi om by hul hotel in Montevideo aan te kom.
Afrigter Phil Davies het in gister se spanaankondiging gesê die tyd vir voorbereiding was min, maar dat die span hulle goed tuisgemaak het.
“Die voorneme is om in ons drie wedstryde elke toerlid in minstens een wedstryd speelkans te gee. Vir die eerste wedstryd is ons vernaamste mikpunte om beheer oor ons balbesit te behou en om sterk te verdedig.”
Sonder omtrent nege toetsveterane wat die toer met beserings, klubverpligtinge of ander redes misloop, is Davies se skietgoed ietwat beperk in sy strewe om een van die groter spanne in ’n lokval te lei.
Die enigste toetsdebuut – Oderich Mouton as linkervleuel – sal ’n insiggewende proefneming met dié voormalige Namibiese Cravenweek- en o.20-agtsteman wees.
Selfs op klubvlak is sy onlangse posisionele skuif nog onbeproef, maar met Lesley Klim, Janry du Toit, PJ Walters en Gino Wilson op die krukkelys en ’n oorvloed losvoorspelers tot Namibië se beskikking, is so ’n onverwagse kaart straks die moeite werd in die opbou na die naderende 2019 Wêreldbeker in Japan.
Mouton, Johan Deysel, Eugene Jantjies, Janco Venter, Johan Retief, Aranos Coetzee, Wian Conradie en Prince !Gaoseb is die byvoegings wat nie in Namibië se laaste vorige toets betrokke was nie, naamlik die sege met 29-23 teen Portugal in Coimbra in November verlede jaar.
Namibië (getal toetse tussen hakies)
15 Johann Tromp (40, FNB Wanderers)
14 JC Greyling (30, FNB Wanderers)
13 Johan Deysel (kaptein, 22, Colomiers, Frankryk)
12 Darryl de la Harpe (47, FNB Wanderers)
11 Oderich Mouton (0, FNB Unam)
10 Cliven Loubser (13, FNB Wanderers)
9 Eugene Jantjies (66, FNB Wanderers)
8 Janco Venter (23, Jersey Reds, Engeland)
7 Max Katjijeko (11, FNB Unam)
6 Thomasau Forbes (16, Dolphin, Swakopmund)
5 Tjiuee Uanivi (28, Massy, Frankryk)
4 Johan Retief (5, Luiperds, RSA)
3 Aranos Coetzee (19, Vrystaat Cheetahs, RSA)
2 Obert Nortjé (13, FNB Unam)
1 Desiderius Sethie (10, FNB Unam)
Reserwes:
16 Niël van Vuuren (6, Trustco United)
17 André Rademeyer (2, FNB Wanderers)
18 AJ de Klerk (26, FNB Wanderers)
19 Wian Conradie (15, Pukke, RSA)
20 Prince !Gaoseb (1, FNB Unam)
21 Helarius Kisting (6, Baia Mare, Roemenië)
22 Justin Newman (13, Pukke/Luiperds, RSA)
23 PW Steenkamp (7, FNB Wanderers)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie