Dit wemel van wild by Desert Rhino Camp

Wilderness Safaris se Desert Rhino Camp is een van die inskrywings vir Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) vir 2018.

Dié kamp is in die wuiwende, rotsagtige heuwels van die Palmwag-konsessie van 450 000 hektaar in die Kunenestreek geleë.

Die streek word deur sy kalmerende, minimalistiese natuurskoon, verrassende rykdom van woestynaangepaste wild gekenmerk, asook die grootste vrylopende swartrenosterbevolking in Afrika.

Tydens 'n onlangse volhoubaarheidsevaluering van Eco Awards Namibia, het Desert Rhino Camp goed gevaar - en goeie punte in sewe uit tien afdelings gekry, onder meer vir gidse, bewaring, water, energie en bestuur.

Met dié evaluering het Ongava Tented Camp gekwalifiseer om vir die 2018 RTA-kompetisie in te skryf wat deur NMH aangebied word.

Finaliste vir toekennings sal op 26 Februarie aangekondig word en die wenners sal tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo 2018 aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!