Djokovic besorg oor Oz-toernooie
Tennis
Novak Djokovic, nommer 2 op die tenniswêreldranglys, is bekommerd dat die wydverspreide brande en rook die Australiese Ope later vandeesmaand in die wiele kan ry.
Veldbrande het gister steeds in die groot dele in die suidooste van Australië gewoed.
Minstens 24 mense is die laaste ruk dood in die honderde brande wat ontsaglike verwoesting in Nieu-Suid-Wallis en Victoria veroorsaak het.
Rook het die afgelope paar dae gevaarlike toestande veroorsaak in Sydney, waar die ATP-beker volgende naweek beslis word.
Die eerste Grand Slam-toernooi van die jaar begin op 20 Januarie in Melbourne.
Die sewemalige Australiese Ope-kampioen Djokovic, wat ook in die ATP-beker meeding, sê hy hoop die situasie sal gou verbeter.
“Daar sal 'n aksieplan moet wees indien dit nie gebeur nie.
“As die situasie so bly en die gehalte van die lug word beïnvloed in Melbourne of Sydney, sal dit 'n impak op die spelers se gesondheid hê.
“Ek meen Tennis Australië sal dan genoodsaak wees om op te tree,” het Djokovic op 'n nuuskonferensie in Brisbane gesê.
“Dit is moeilik vir hulle (die organiseerders), want daar is baie wat in ag geneem moet word.
“Gesondheid is iets wat vir my en vir almal belangrik is.”
Rook het op 21 Desember daartoe gelei dat 'n T20-krieketwedstryd afgestel is toe die lug 'n gesondheidsgevaar ingehou het.
Ook die Brumbies-rugbyspan het gister gesê hy gaan sy voorseisoense program vir die komende Superreeks na Newcastle skuif.
Die Brumbies se besluit kom nadat sy tuisveld by die Universiteit van Canberra weens die gesondheidsgevaar onbepaald gesluit is.
“Dit is 'n geringe ontwrigting in vergelyking met wat so baie van ons landgenote op die oomblik deurmaak,” het die Brumbies se afrigter, Dan McKellar, in 'n verklaring gesê.– Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie