Djokovic se pa pak skuld op 'siek' Dimitrov
Tennis
Die onrusbarende uitbreking van Covid-19 by Novak Djokovic se Adria-tennisreeks word nou opgevolg deur 'n vingerwysery tussen Djokovic se pa, Srdjan, en Grigor Dimitrov se agent oor waar die besmetting sy oorsprong het.
Djokovic en sy vrou is Dinsdag positief getoets vir die koronavirus nadat drie ander spelers wat aan sy liefdadigheidstoernooi in die Balkans deelgeneem het, positiewe uitslae ontvang het.
Die wenner van 17 Grand Slam-titels het om verskoning gevra dat hy die toernooi georganiseer het, wat spelers van ander lande byeengebring het om in Serwië en Kroasië mee te ding.
Djokovic sê hy wou geld insamel vir spelers wat finansieel sukkel, maar die spelers en toeskouers se laksheid met betrekking tot veilige afstande en ander Covid-19-maatreëls is skerp gekritiseer.
Stuff.co.nz berig Djokovic se uitgesproke pa het die kansellasie van die reeks op die Bulgaarse ster Dimitrov geblameer, een van die ander drie spelers wat die afgelope klompie dae positief getoets is. Daar is geen bewyse wat aandui Dimitrov het die virus na ander versprei nie.
“Hoekom het dit gebeur? Want die man het waarskynlik siek hier aangekom, wie weet van waar af,” sê Srdjan Djokovic.
“Hy is nie hier getoets nie, hy is elders getoets . . . ek dink nie dit is regverdig nie.
“Hy het skade berokken aan Kroasië asook ons as 'n familie in Serwië. Niemand voel goed oor hierdie situasie nie.”
Dimitrov (29), voorheen die wêreld se nr. 3-speler, was die eerste Adria-deelnemer om positief te toets. Hy is gevolg deur Borna Coric en Viktor Troicki.
Die infeksies het vrae laat ontstaan oor die terugkeer van beroepstennis, insluitende die Amerikaanse Ope wat veronderstel is om op 31 Augustus in New York te begin.
“Ons was verkeerd en dit was te vroeg,” erken Novak Djokovic, wat voorheen gesê het hy was daarteen gekant om teen die virus ingeënt te word, selfs al was dit verpligtend sou jy wou reis.
Dimitrov het in wedstryde in Belgrado sowel as Zadar gespeel. Hy het glo vanuit die VSA en sy tuisland Bulgarye in Serwië aangeland.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie