Djunior Svane en studente hou uitstalling
Die FNCC bied tans ’n fotografie-uitstalling getiteld Stronger than Words aan.
Die titel is geïnspireer deur ? skool, Atfaluna, vir gehoorgestremde kinders in die Gaza-strook in Palestina en die boodskap wat dit probeer oordra, is om te dink voordat jy praat en voordat jy ? foto neem.
Die werk van agt FNCC-fotografiestudente en dosent Djunior Svane word in samewerking met Nicky Marais van die kunstekollege (Cota) en Werner Hillebrecht, ? Namibiese geskiedenis- en erfeniskonsultant, vertoon.
Die uitstalling bestaan uit drie afdelings: Die geskiedenis van fotografie, die geskiedenis van fotografie in Namibië en kontemporêre fotografie.
Die historiese fotografie vertoon werke wat met ’n camera obscura geneem is. Hierdie voorloper van die kamera soos ons dit vandag ken is ? optiese toestel wat uit ? boks met ? gat in een kant bestaan. Lig van ? eksterne beeld beweeg deur die gat en tref ? oppervlak aan die binnekant, waar dit gereproduseer word. Die beeld kan op papier geprojekteer word en afgeteken word om ? hoogs akkurate voorstelling te verkry.
Foto’s van Le Gras, in Frankryk, wat met ? camera obscura afgeneem is, is by die uitstalling te sien. Swart-en-wit foto’s op glas van die Nasionale Argief word ook vertoon sowel as analoogfoto’s van 2015. Digitale foto’s in swart-en-wit, kleur en sepia verteenwoordig die kontemporêre been van die uitstalling.
Vir verdere inligting kontak Djunior Svane by 081 245 2279.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie