DNG-president ontvang toekenning
Duitsland se pres. Frank-Walter Steinmeier het mnr. Klaus Hess, president van die Duits-Namibiese Vereniging (DNG) en lid van die Duits-Afrika-stigting, onlangs met ’n verdienste-toekenning vereer.
Dít vir sy rol in die bevordering van betrekkinge tussen Duitsland en Namibië.
Mnr. Bernd Althusmann, adjunk- eerste minister van die federale staat van Niedersachsen, het die toekeninning aan Hess oorhandig.
Althusmann het jare lank vir die Konrad Adenauer-stigting in Namibië gewerk.
In sy toespraak het hy grot lof vir Hess se toewyding en kundigheid gehad.
Hy het erkenning gegee aan Hess se invloed op die verhouding tussen die twee lande en sy reputasie as kenner van politiek, die burgerlike samelewing en kultuur uitgelig.
“Die DNG het die afgelope 40 jaar inligting oor Namibië gedeel. ’n Voorbeeld hiervan is die Namibiamagazin, wat sedert onafhanklikheid in 1990 gepubliseer word. Die DNG het ook volhoubare projekte op die gebied van onderwys, gesondheid, maatskaplike dienste en natuurbewaring bevorder,” het Althusmann by die oorhandigingsgeleentheid gesê.
Hy het ook melding gemaak van die jaarlikse taalkompetisie vir jong Namibiërs wat Duits as vreemde taal neem.
Althusmann het verder die DNG se positiewe bydrae tot die bevordering van die Goethe-sentrum in Windhoek tot ’n volwaardige instituut geloof.
“Die dank kom al die lede van die Duits-Namibiese Vereniging toe, wat my in verskeie aktiwiteite oor die jare heen ondersteun het. Dit is slegs met hul toegewyde ondersteuning dat die DNG sy werk kan doen,” het Hess gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie