Dónker dae wag op motorbedryf

Calle Schlettwein se aggressiewe besnoeiing op onnodige uitgawes soos voertuie is broodnodig vir Namibië se ekonomiese stabiliteit, maar is slegte nuus vir die plaaslike motorbedryf.
Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy – Die sowat N$220 miljoen vir voertuigaankope wat Calle Schlettwein, die minister van finansies, in totaal vir die volgende drie begrotingsjare tot 2019-’20 opsy gesit het, is bykans N$150 minder as wat belastingbetalers net in 2015-’16 daarvoor moes opdok.

Vir die plaaslike motorbedryf lees die minister se jongste begroting soos ‘n riller. Sedert Schlettwein Namibië se geldsake beheer, is die regering se voertuigbegroting een waar hy toenemend kwaai sny om makro-ekonomiese stabiliteit in die land te herwin. Voertuigverkope toon die impak daarvan duidelik met syfers wat sedert die middel van 2015 daal.

In sy eerste begrotingsjaar as minister van finansies is bykans N$369,6 miljoen aan voertuie bestee. In sy 2016-’17-hoofbegroting het Schlettwein sowat N$170,8 miljoen beskikbaar gestel. Dié bedrag is egter in sy halfjaar-begrotingshersiening met bykans N$23 miljoen tot ongeveer N$147,8 miljoen gesny.

Volgens die jongste begrotingsdokumente is net sowat N$139 miljoen uiteindelik na raming in 2016-’17 op voertuie bestee. Die nagenoeg N$40,2 miljoen wat Schlettwein vir 2017-’18 begroot het, is sowat 71% minder. In 2018-’19 is die voertuigbegroting sowat N$52,5 miljoen, terwyl dit in 2019-’20 bykans N$127,4 miljoen beloop.

Dit is teen dié agtergrond dat ontleders nie oor Februarie se verkoopsyfers van nuwe voertuie in Namibië opgewonde raak nie. Altesaam 1 151 nuwe voertuie is verlede maand van die hand gesit, 241 of 26,5% meer as in Januarie. Vergeleke met Februarie 2016 is verlede maand se verkope egter 14,7% minder.

Namibia Equity Brokers (NEB) sê gegewe die “resessie” is Februarie se verkope ‘n “afwyking”. Dit is onwaarskynlik dat dié syfers volhoubaar is, sê NEB.

Volgens hul inligting is daar tans een regeringsvoertuig vir elke ses staatsamptenare, sê dié ontleders. Schlettwein se jongste beramings van inkomste en uitgawes stipuleer dat 90 650 staatsdiensposte tans gevul is. Dit dui dus op sowat 15 108 regeringsvoertuie.

Benewens kleiner regeringsbesteding en verbruikers wat weens die ekonomiese insinking reeds onder druk is, gaan ander faktore motorverkope vanjaar ook knou, sê ontleders.

Volgens IJG Securities gaan wysigings aan die wet op kredietooreenkomste ‘n rol speel. ‘n Deposito van 10% is nou op alle motorlenings betaalbaar en dié skuld moet binne 54 maande gedelg word.

NEB sê sou die Federale Reserweraad (Fed) in Amerika vandag besluit om rentekoerse te verhoog, kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die Bank of Namibia (BoN) dalk dieselfde doen. Dit sal geld minder bekostigbaar maak en voertuigverkope vanjaar verder briek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!