DNS wys mense het vroeu00ebr uit Afrika gemigreer
DNS wys mense het vroeu00ebr uit Afrika gemigreer

DNS wys mense het vroeër uit Afrika gemigreer

Nuwe genetiese toetse wys dat mense baie vroeër uit Afrika gemigreer het, omdat hul DNS in 'n besonderse ou Neanderdalmens se fossiel gekry is.

Dié navorsing is Dinsdagmiddag laat in die vakjoernaal Nature Communications gepubliseer deur navorsers aan die Max Planck Instituut vir die Wetenskap van Menslike Geskiedenis in Duitsland.

Antieke mitochondriese DNS is onttrek uit die femur van 'n Neanderdalmens. Dié fossiel is reeds in 1937 in die Hohlenstein-Stadel-grot in Duitsland gevind. Die navorsers het daarin geslaag om die volledige mitochondriese genoom hieruit saam te stel.

Volgens 'n verklaring het mitochondria (energieselle) hul eie DNS wat van 'n ma na al haar kinders oorgedra word. Dit word gebruik om herkoms te bepaal en daar kan ook so gesien word wanneer stambome skei. Dit kan ook gebruik word – deur die merkers van herkoms te eien – om te sien hoeveel tyd verloop het sedert twee individue 'n gemeenskaplike voorsaat gedeel het. Dit is omdat mutasies teen 'n voorspelbare koers voorkom.

Die analise het getoon dat Neanderdalmense wat in die betrokke area in die suidweste van Duitsland voorgekom het, gene ontvang het van moderne mense sowat 220 000 jaar gelede.

“Hierdie hominiede het met Neanderdallers geteel wat reeds in Europa was en hul merk gelaat op die mitochondriese DNS. Die studie spoor die moontlike datum vir die gebeurtenis (kruisteling) terug na tussen 470 000 en 220 000 jaar.”

Dit beteken mense het in dié tyd uit Afrika gemigreer en met ander spesies gemeng.

Die femur wat ontleed is, is sowat 124 000 jaar oud, wat dit een van die oudste monsters maak waarvan die volledige mitochondriese DNS ontleed is.

Moderne mense het saam met Neanderdallers (wat sowat 40 000 jaar gelede uitgesterf het) én 'n susterspesie, die Denisovans, geleef. 'n Genetiese analise wat in 2015 gepubliseer is, toon dat baie Asiërs afstammelinge is van moderne mense wat weer met Denisovans gepaar het.

Sowat 6% van die genetiese same­stelling van moderne mense wat van Eurasië afkomstig is, bestaan weer uit materiaal wat van Neanderdallers geërf is.

Die navorsing is verlede jaar in die American Journal of Human Genetics gepubliseer. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!