Dobbelmasjien 'gegaps'

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



'n Man (54) se dobbellus het hom dalk oorval toe hy Vrydag omstreeks 00:30 op heterdaad betrap is toe hy glo 'n dobbelmasjien in 'n staatsvoertuig gelaai het.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die man in die Ongenga Nakambebe-lokasie in die Okandi-nedersetting naby Etayi in hegtenis geneem.

“Toestemming is na bewering gegee dat die voertuig van die ministerie van onderwys en kultuur net in die Ohangwenastreek gebruik mag word, maar die man is in die Omusatistreek in hegtenis geneem,” sê 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Pendukeni Haikali.

Die polisie kon nie bevestig of die voertuig 'n bakkie of 'n sedanvoertuig is nie, en die ondersoek na dié korrupsiesaak duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!