Dobson verras met WP se senterpaar
Rugby
Stephen Nell - Die Westelike Provinsie se afrigter, John Dobson, het verras deur sy gereelde buitesenter, EW Viljoen, uit sy beginspan weg te laat vir môre se Curriebeker-rugbywedstryd teen die Haaie in Durban.
Ruhan Nel maak 'n posisionele skuif van die vleuel binnesenter toe, met Huw Jones wat gevolglik na buitesenter skuif.
“Ons is bekommerd oor die hoeveelheid rugby wat EW al vanjaar gespeel het. Hy sukkel met 'n paar skete en met dié dat die Haaie 'n uiters fisieke span is, het ons besluit om Ruhan te kies,” sê Dobson.
“Ruhan is 'n taai kalant en het baie goed gespeel in die SuperSport-uitdaagreeks. Ons wil graag ook vir Huw meer geleenthede gee om op buitesenter aan te val.”
Die Springbokke Dillyn Leyds en Wilco Louw keer ook terug na die beginspan – Leyds in die plek van Nel op vleuel en Louw vir Frans van Wyk op vaskopstut.
In die ander verandering aan die span wat laas Sondag onverwags teen die Leeus verloor het, keer Jaco Coetzee terug op flank in die plek van Kobus van Dyk.
Die WP se span: Damian Willemse, Seabelo Senatla, Huw Jones, Ruhan Nel, Dillyn Leyds, Robert du Preez, Dewaldt Duvenage, Nizaam Carr, Cobus Wiese, Jaco Coetzee, JD Schickerling, Chris van Zyl (k), Wilco Louw, Bongi Mbonambi, JC Janse van Rensburg. Reserwes: Ramone Samuels, Caylib Oosthuizen, Jan de Klerk, Sikhumbuzo Notshe, Justin Phillips, Werner Kok, EW Viljoen. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie