Dodelike bomaanvalle in Mogadisjoe saai chaos
Twee motorbomme in die Somaliese hoofstad het tot dusver 85 lewens geëis en 100 mense beseer.
Die dodetal nadat twee motorbomme Saterdag in verskillende dele van Mogadisjoe, hoofstad van Somalië, ontplof het, het tot
85 gestyg.
Dit is dus een van die dodelikste aanvalle in die land sedert Islamitiese militante in 2007 daar begin toeslaan het.
“Die aantal sterftes is nou 85. Ons weet sowat 100 mense is beseer,” het Mohamed Hussein, 'n polisieman, aan Reuters gesê.
Die eerste ontploffing, in die K5 Junction-gebied, wat bestaan uit regeringskantore, hotelle en restaurante, het geboue verwoes en verskeie voertuie het aan die brand geslaan.
Die aanvanklike dodetal was 22.
“Die dodetal sal styg. Ons is steeds besig om beseerdes te vervoer en daar is lyke onder die puin,” het Abdullahi Nur, 'n polisieman wat in die gebied was, gesê.
Sowat twee uur later het 'n tweede ontploffing in die stad se Madina-gebied afgegaan.
'n Verdagte is in hegtenis geneem.
Geen terreurgroep het teen gisteroggend aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar nie, hoewel die Islamitiese groep Al-Sjabaab, gereeld sulke aanvalle uitvoer.
Al-Kaïda is ook aktief in die gebied, en was al voorheen verantwoordelik vir bomaanvalle, asook vir aanvalle met handgranate en vuurwapens.
- Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie