Dodelike coronavirus versprei na Amerika
Die dodelike virus wat in Sentraal-China uitgebreek het, is besig om al hoe vinniger te versprei met die eerste geval wat in Washington, Amerika, aangemeld is en ook in Macao, ’n gewilde toeristebestemming wat as die “Las Vegas van Asië” beskryf word.
Die nuwe virusstam, wat as 2019-nCoV bekend staan, word deur menslike kontak versprei. Dit kan longontsteking veroorsaak met simptome wat koors en moeilike asemhaling insluit.
Dit het nou reeds die lewe van nege mense geëis en daar is nou 440 bevestigde gevalle van mense wat die virus opgedoen het.
Die owerhede in die dobbelmekka Macau aan die suidkus van China het Woensdag veiligheidsmaatreëls by casino's opgeskerp. Skandeerders word nou gebruik om mense vir koors te toets.
Die virus het aan die einde van verlede jaar in die stad Wuhan in Sentraal-China uitgebreek, maar het intussen na Beijing, Shanghai, Thailand, Suid-Korea, Japan en Taiwan versprei.
NUWE TIPE VIRUS
Die Amerikaanse owerhede het Dinsdag bekend gemaak dat daar Maandag in Seattle, Washington, een geval bevestig is. Dié man, in sy 30’s was onlangs in China. Hy, sowel as die vrou in Macao, was albei in ’n stabiele toestand.
Dié nuwe tipe coronavirus herinner aan die Ears (Ernstige Akute Respiratoriese Sindroom)-uitbreking van 2002-’03, wat ook ’n coronavirus was en tot die dood van 800 mense in verskeie lande in Asië gelei het.
Talle lande, insluitende Amerika en Australië, toets nou passasiers op lughawens wat op vlugte vanaf Wuhan daar aankom.
Soos Rapport vroeër berig het is China die wêreld se grootste bron van internasionale toeriste en lande ding daarom mee om elkeen hul sny van dié koek te vergroot.
Ook Suid-Afrika spits hom amptelik op China toe.
Volgens Cotri, ’n navorsingsinstelling vir toerisme vanuit China, besoek sowat 90 000 Chinese toeriste Suid-Afrika jaarliks. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie