Dodelike virus eis ook tol op rand, olieprys
Dodelike virus eis ook tol op rand, olieprys

Dodelike virus eis ook tol op rand, olieprys

Die rand het onder druk gekom en die olieprys gestyg weens beleggers se hernude vrese wat deur die dodelike 2019nCov-virus aangeblaas word. Dié koronavirusstam het al 80 lewens in China geëis.

“Die wisselkoers is onder druk terwyl beleggers probeer om die ekonomiese impak te bereken van dié koronavirus wat intussen nog meer lewens geëis het,” sê Bianca Botes, tesourievennoot van Peregrine Treasury Solutions.

Die rand het gister vroegoggend op R14,45 teenoor die dollar verhandel.

Reuters berig aandele het in Oosterse markte geval weens die toenemende vrese onder beleggers oor die ekonomiese impak wat die virus op China gaan hê. Die vrese het ook die vraag na bates wat as ’n veilige hawe beskou word, soos Japan se yen en Amerikaanse staatseffekte, laat toeneem.

China se gesondheidskommissie het Sondag gesê die virus se vermoë om te versprei word sterker en infeksies kan toeneem.

Bloomberg berig die olieprys het gedaal weens die vrese dat die virus tot ’n afname in vraag gaan lei. Termynkontrakte op olie in Londen en New York het met meer as 3% gedaal.

Goldman Sachs verwag die vraag na olie gaan daaronder ly, maar Saoedië-Arabië sê hy glo die virus het tot dusver ’n “baie beperkte invloed”. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!