Dodetal in Lombok styg tot 90
Dodetal in Lombok styg tot 90

Dodetal in Lombok styg tot 90

Reddingswerkers op die eiland Lombok in Indonesië het gister chaos en verwoesting gevind nadat ’n aardbewing Sondag minstens 91 mense se dood veroorsaak het.

Toeriste moes van die eiland af vlug ná die aardbewing van 6.9. Reddingspanne gaan 700 toeriste op die nabygeleë Gili-eilande ontruim. “Van hulle is beseer en ander is in skok,” sê I Nyoman Sidakarya, hoof van die reddingsgroep.

Dit is die tweede sterk aardbewing in ’n week. Die aardbewing het paniek onder plaaslike inwoners en toeriste gesaai en is tot op die naburige eiland Bali gevoel. Duisende mense het uit hul huise op Lombok gevlug toe die kragtige aardbewing tref. Die aardbewing het 10 km ondergronds ontstaan en die eiland vroegaand getref.

Die land se nasionale rampbestuursagentskap sê die dodetal sal na verwagting verder styg omdat talle geboue ineengestort het. Die episentrum van die aardbewing was op die noordekant van die eiland.

Kragtoevoer in sekere dele van Lombok is afgesny en die weermag sal ’n vlootskip met mediese voorraad stuur.

Die Rooikruis in Indonesië sê in ’n twiet ’n vrou het by die mediese basis gekraam en een van haar seun se name is Gempa, wat aardbewing beteken.

Op 29 Julie is Lombok deur die eerste aardbewing getref wat 6.4 geregistreer het. Sewentien mense is dood en honderde mense beseer.

Meer as 120 naskokke is geregistreer ná Sondagaand se aardbewing.

Die aantal beseerdes staan op 209. – Newerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!