Dodetal in oorlog teen dwelms styg tot byna 1 800
Filippyne
Altesaam 1 800 mense is in die Filippyne dood in dwelmverwante optrede, sedert pres. Rodrigo Duterte sewe weke gelede aan bewind gekom en ’n oorlog teen dwelms verklaar het.
Die hoof van die polisie, Ronald Dela Rosa, het gister ’n senaatkomitee meegedeel dat 712 dwelmhandelaars en gebruikers sedert 1 Julie in polisieoperasies dood is.
Die polisie ondersoek ook 1 067 ander dwelmverwante sterftes, het Dela Rosa gesê.
Die opmerkings kom ’n dag nadat Duterte die Verenigde Nasies (VN) aangeval het oor kritiek oor die vlaag sterftes. Duterte het Sondag op ’n bisarre laatnag mediakonferensie gesê die Filippyne kan die VN verlaat. Hy het China en ander lande genooi om saam ’n nuwe globale forum te vorm omdat die VN nie geslaag het om sy mandaat uit te voer nie. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie