Dodetal in Soedan styg tot 108 mense
Dodetal in Soedan styg tot 108 mense

Dodetal in Soedan styg tot 108 mense

Die opposisiepartye en die betogers in Soedan dring op 'n burgerlike regering aan.
Die opposisie in Soedan het Dinsdag 'n plan van die mili­têre heersers van die hand gewys om binne nege maande ver­kiesings in die land te hou.

Dit volg op 'n dag van die ergste geweld sedert oudpres. Omar al-Basjir se regering om vergewerp is.

Die weermag het die regering om vergewerp nadat daar maande lank 'n burgerlike opstand teen ­Al-Basjir in die strate was, berig Reuters.

Die dodetal in Soedan nadat geweld sedert Maandag in die land uitgebreek het, het tot 108 gestyg.

Mediese personeel het dié syfer bevestig, terwyl 'n amptenaar van die departement van gesondheid sê dat net 46 mense dood is.

Die opposisiepartye en die be­togers dring op 'n burgerlike regering aan.

Madani Abbas Madani, leier van die Deklarasie van Vryheid en Veranderingsmagte (DFCF), sê daar sal voortgegaan word met die burgerlike ongehoorsaamheid totdat die militêre raad instem tot 'n burgerlike regeringsraad wat tot die verkiesing sal regeer, berig Reuters.

Die DFCF sê die weermag was kop in een mus met Al-Basjir voordat hulle die regering oorgeneem het.



MENSE TE ONDERDRUK

Madani sê die doodmaak, wond en vernedering van die betogers is 'n stelselmatige plan om die Soedannese te onderdruk.

Die atmosfeer in die stad was Dinsdag gespanne en die betogers het talle strate versper. Winkels was gesluit en die strate was byna leeg. Die veiligheidsmagte het die versperrings probeer opruim, het 'n ooggetuie aan Reuters gesê.

Lede van die gehate Vinnige Ondersteuningsmag (RSF), 'n paramilitêre eenheid, het Dinsdag in die strate van Omdurman, aan die ander kant van Khartoem langs die Nyl, rondgery en skote in die lug afgevuur. Lt.genl. Sjams El Din Kabbasji, woordvoerder van die militêre regeringsraad, het dit ontken en gesê die veiligheidsmagte het betogers agtervolg wat chaos veroorsaak het.

Die opstand teen Al-Basjir het in Desember verlede jaar met 'n betoging teen die prys van brood en 'n tekort aan kontant uitgebreek.

Lt.genl. Abdel Fatta al-Boerhan, leier van die militêre regeringsraad, het gesê 'n erkende regering kan net deur 'n verkiesing tot stand gebring word. Hy het die geweld betreur en gesê die militêre regering sal regeer totdat die verkiesings plaasgevind het.



GESAMENTLIKE VERKLARING

Die Soedan was sedert 1993 op Amerika se lys van lande wat terroriste bystaan en sanksies is teen die land ingestel. Daar was 'n proses aan die gang om die land van die lys te verwyder toe die weermag Al-Basjir onttroon het, berig Reuters.

Al Jazeera berig dat die ­Verenigde Nasies (VN) op versoek van ­Brittanje en Duitsland vergader het om 'n verslag oor die situasie aan te hoor. Hulle kon egter nie op 'n verklaring ooreenkom nie.

Agt Europese lande het wel ná die vergadering in 'n gesamentlike verklaring die gewelddadige aanvalle in die Soedan deur die militêre heersers op die burgerlikes veroordeel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!