Dodetal in Somaliese bomaanval meer as 300

Die dodetal in die bomaanvalle Saterdag in Mogadishu styg steeds en is die dodelikste aanval in Somalië in 'n dekade.
NAMPA
Meer as 300 mense is dood ná twee bomontploffings Saterdag in Somalië se hoofstad, Mogadisjoe, het amptenare gister bekend gemaak.

Inwoners het op hospitale toegesak, op soek na familie en vriende wat in Somalië se dodelikste aanval in ‘n dekade beseer is.

Geen organisasie het nog vir die aanvalle op twee besige kruisings in die hart van die stad aanspreeklikheid aanvaar nie.

Sommige van die beseerdes is met noodvlugte vir behandeling na Turkye geneem.

Saterdag se aanval was die dodelikste sedert die Islamitiese militantegroep Al-Sjabaab in 2007 met sy insurgensie begin het. Die groep het bande met Al-Kaïda.

Die groep veg teen die Verenigde Nasies-gesteunde regering en die regering se bondgenote in die Afrika-unie (AU) om ‘n streng interpretasie van Islam af te dwing.

Die militante is in 2011 uit Mogadisjoe verdryf, en verloor voortdurend grondgebied sedert gekombineerde magte van die AU en Somalië hulle die stryd aangesê het.

Al-Sjabaab het egter steeds die vermoë om groot en komplekse bomaanvalle uit te voer. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!