Dodetal styg in Madagaskar
Dodetal styg in Madagaskar

Dodetal styg in Madagaskar

Die land met ’n bevolking van byna 30 miljoen, het reeds weens ’n langdurige droogte met voedseltekorte in die suide gesukkel.
Antananarivo (Madagaskar) – Die dodetal in Madagaskar van die sikloon Batsirai het volgens ’n rampagentskap tot 60 gestyg, met inligting wat voortdurend ontvang word van gebiede in die land wat erg geraak is.

Die sikloon het die eiland in die Indiese Oseaan laat verlede Saterdag getref en huise en kraglyne platgetrek soos dit op die suidoostelike kus van die land toegeslaan het.

Die storm het ’n dag later wegbeweeg en 91 000 mense agtergelaat met verwoeste of beskadigde huise. ’n Rampagentskap het vroeër verlede week aanvanklik die dodetal op 29 geskat en dit later tot 80 verhoog.

Sestig van die sterftes was in een gebied en wel die Ikongo-distrik in die suidooste van Madagaskar. Inligting word nog ingesamel oor wat presies hier gebeur het.

’n Lid van die parlement wat die distrik verteenwoordig, het vroeër erken die dodetal is hoog, met die meeste inwoners wat verdrink het of dood is toe hul huise op hulle ineengestort het. Humanitêre noodlenigingswerkers uit Frankryk en Duitsland het in die land aangekom om met die krisis te help.

In die kusdorpie Mananjary is Sezie Kajy een van honderde inwoners wat nou deur die rommel moet van haar huis moet sif. Mananjary is een van die dorpe wat die ergste deur sikloon Batsirai geraak is.

“My huis het begin kraak en ons moes dit agterlaat, want skielik het alles ineengestort,” het sy gesê.

Die storm het swaar reën en winde van tot 100 myl per uur gebring. Kajy sê sy en ander het in ’n skool gaan skuil wat as ’n ontruimingsentrum ingerig is. Ook hier het die dak afgewaai en hulle blootgestel gelos.

“Ons was in ’n baie moeilike situasie, al die huise is vernietig. Water het van die rivier gekom en water in die see het gestyg. Al die huise het ingetuimel, ons was baie bang.”

Dit is die tweede vernietigende storm wat die eiland in twee weke tref, nadat die sikloon Ana verder noord in die land 55 mense se dood veroorsaak en 130 000 mense dakloos gelaat het.

Madagaskar, met ’n bevolking van byna 30 miljoen, het reeds weens ’n langdurige droogte met voedseltekorte in die suide gesukkel.

Die Wêreldvoedselprogram sê Batsirai het die situasie vererger deur rys, vrugte en groente twee weke voor die oestyd te vernietig.

Die sikloon het wydverspreide oorstromings veroorsaak en 12 paaie en 14 brûe onbegaanbaar gemaak, wat van die ergste geraakte gebiede van die buitewêreld afsny en pogings belemmer om verligting aan gemeenskappe te bring. – Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!