Dodetal styg ná aanval in Mogadisjoe

Al-Sjabaab verantwoordelikheid aanvaar
Volgens die polisie het hotelwagte en CID-beamptes op die aanvallers geskiet.

Die dodetal in Vrydag se bomaanval by 'n hotel in Mogadisjoe, hoofstad van Somalië, het intussen byna verdubbel.

Aanvanklik is berig 28 mense is dood toe selfmoordbomaanvallers twee motorbomme by die hotel laat ontplof het.

CNN berig gister die dodetal is nou 52.

Mohammed Yusuf van die Medina-hospitaal, waar baie van die mense wat gewond is behandel word, het aan CNN gesê nog vyf mense is Maandag­oggend in die hospitaal dood.

Soos vroeër berig het die terreurgroep Al-Sjabaab, 'n Al-Kaïda-splintergroep, verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval by die ­Sahafi-hotel naby die hoofkantoor van Somalië se misdaadondersoekdepartement (CID).



DERDE ONTPLOFFING

Volgens die polisie het hotelwagte en CID-beamptes op die aanvallers geskiet.

Sowat 20 minute later het 'n derde ontploffing die gebied geruk. Volgens ooggetuies was die bom in 'n toek-toek naby die hotel geplaas.

“Vier militante wat probeer het om die hotel te betree, is deur die polisie en die hotelwagte doodgeskiet,” het kapt. Mohamed Ahmed, polisiewoordvoerder, aan Reuters gesê.

“Twee ander was selfmoordbomaanvallers wat deur hul motorbomme ­opgeblaas is. Die derde motor is van 'n afstand laat ontplof. Ses ­militante is dood,” het hy kort ná die aanval ­bevestig.

Dit is intussen bevestig dat Abdifitah Abdirashid, gesiene sakeman wat die hotel by sy pa geërf het, in die aanval dood is. Sy pa is in 2015 in 'n soortgelyke aanval deur Al-Sjabaab dood, berig die plaaslike media.

 – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!