Dodetal styg ná aardbewing
Indonesië
Minstens 93 mense is Woensdag in Indonesië dood en meer as 500 beseer toe ''n aardbewing van 6.5 dié land se Aceh-provinsie geruk het.
Reddingswerkers het grondverskuiwers en hul hande gebruik om oorlewendes te soek in die rommel van talle geboue wat ingestort het.
Mediese vrywilligers het in die skemer gejaag om beseerdes te bring na hospitale wat onder druk was om die toevloei van pasiënte te hanteer.
Sutopo Nugroho van Indonesië se nasionale rampbestuuragentskap het in ''n verklaring gesê die noodtoestand is in Aceh, op die noordelike punt van die eiland Sumatra, afgekondig. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie