Dodetal styg nu00e1 skietery by moskee
Dodetal styg nu00e1 skietery by moskee

Dodetal styg ná skietery by moskee

Kanada
Estelle de Bruyn
Ses mense is in Québec-stad, Kanada, dood en agt gewond toe gewapende mans Sondag tydens aand­gebede op 'n moskee losgebrand het.

Die slagoffers is tussen 35 en 70 jaar oud. Die 39 mense wat by die moskee was, is ongedeerd.

“Hoekom gebeur dit hier? Dit is barbaars,” het die moskee se president, Mohamed Yangui, gesê.

Kanada se premier, Justin Trudeau, het die voorval bestempel as 'n “terreuraanval wat Moslems geteiken het” en dit ten sterkste veroordeel.

Volgens die polisie in Québec is twee verdagtes in hegtenis geneem.

* Trudeau het vroeër die naweek gesê Kanada sal vlugtelinge uit die Midde-Ooste ontvang nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, beperkings op vlugtelinge na die VSA ingestel het.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!