Dodetal styg ná vliegtuig se noodlanding

Die dodetal kan styg nadat 'n vliegtuig van die Russiese lugdiens Aeroflot Sondag in vlamme 'n noodlanding op 'n Moskouse lughawe gedoen het.

Aanvanklike berigte het gemeld dat niemand in die voorval op die aanloopbaan van die Sjeremetiewo-­lughawe dood is nie, maar later die aand is bevestig dat 41 mense gesterf het.

Altesame 78 mense was glo aan boord.

Op beeldmateriaal op sosiale media kon gesien word hoe die stertgedeelte van die vliegtuig in vlamme gehul was met die noodlanding.

Die vliegtuig het na berig word weens tegniese redes teruggedraai na die lughawe sowat 'n halfuur nadat opgestyg is.

VERTRAAG NOODONTRUIMING

Passasiers wat inderhaas die brandende Russiese vliegtuig op die lughawe in Moskou moes verlaat, het die hele noodontruiming ­vertraag deur eers hul ­handbagasie uit die oorhoofse pakplek te haal.

So sê 'n lughaweamptenaar luidens 'n berig in die Daily Mail.

Ander passasiers vertel hoe hulle hul lewe aan 'n bemanningslid te danke het. Die bemanningslid is in die plaaslike media as Maxim Moiseef geïdentifiseer.

Op video-opnames aan boord van die vliegtuig kan gesien word hoe die vlamme die vensters verswelg en die gille van die passasiers kan gehoor word.

Die vliegtuig het nog nie gebrand toe dit geland het nie, maar het 'n harde landing gehad en aan die brand geslaan toe dit die aanloopbaan die tweede keer tref, berig The New York Times.

Die vliegtuig het met sy neus in die lug en met die stert wat in vlamme op die teer sleep en skraap oor die aanloopbaan gery totdat dit tot ­stilstand gekom het.

Die vlug was op pad na ­Moermansk waar daar intussen drie dae van rou afgekondig is.

Terwyl die agterste helfte van die Aeroflot-lugdiens se vliegtuig in vlamme en bolle donker rook gehul was, het mense by die voorste deur op die noodglybaan ontsnap.

Luidens die Russiese media is daar twee kinders en 'n bemanningslid onder die oorledenes.

Wladimir Poetin het sy medelye met die familie van die slagoffers betuig.

– Netwerk24/SkyNews/BBC/RT.com/CNN

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!