Dodetal styg na selfmoordbom in Afghanistan
Dodetal styg na selfmoordbom in Afghanistan

Dodetal styg na selfmoordbom in Afghanistan

’n Bom wat Dinsdag by ’n betoging in die ooste van Afghanistan ontplof het, het ten minste 68 menselewens geëis.

Die Britse nuusagentskap Reuters het aanvanklik berig dat 32 mense in die ontploffing op ’n hoofweg tussen Jalalabad en die aangrensende Pakistan omgekom het. ’n Verdere 120 mense is beseer in wat as ’n selfmoord-bomaanval bestempel word.

Die ontploffing by die betoging, wat teen ’n plaaslike polisiebevelvoerder gehou is, volg op ’n vlaag kleiner bomontploffings by skole in Jalalabad en omliggende gebiede Dinsdag waarin ’n twaalfjarige seun omgekom het en verskeie volwassenes en mense beseer is.

Die BBC berig minstens 68 mense het gesterf en 165 mense beseer is in die ontploffing op ’n hoofweg.

Terreurgroepe het tot dusver nog nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir die dodelike ontploffing nie.

Die geweld volg op onlangse pogings deur diplomate om ’n einde te bring aan die voortslepende konflik met die Taliban-militante in die land. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!