Dodetal styg tot 66 nu00e1 ontploffing
Dodetal styg tot 66 nu00e1 ontploffing

Dodetal styg tot 66 ná ontploffing

Die dodetal in die hewige ontploffing in Mexiko het teen Saterdagmiddag tot 66 gestyg.

’n Beskadigde brandstof-pyplyn het Vrydag in Tlahuelilpan, Mexiko, ontplof.

76 mense, onder wie ’n 12-jarige kind, is in die ontploffing beseer, het Omar Fayad, goewerneur van Hidalgo, gesê op ’n nuuskonferensie wat ook deur pres. Andrés Manuel López Obrador bygewoon is, het die BBC berig.

Die verkoolde lyke is steeds op die toneel, wat deur forensiese ondersoekers afgesper is.

Die New York Times berig mense het voor die ontploffing video’s geneem van gesinne wat die “gratis” brandstof uit die beskadigde pyplyn in plastiese houers tap en uitbundig lag.

Blykbaar was daar soldate op die toneel, maar hulle kon die tussen 600 en 800 mense nie beheer nie.

Die beskadigde pyplyn het aan die brand geslaan sowat twee ure nadat die regering van die lekkasie bewus geword het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!