Doeane konfiskeer skenking
Tweedehandse goedere bestem vir liefdadigheid is vrygestel van BTW.
Henriette Lamprecht – Meer as ’n jaar nadat Namibiese doeanebeamptes op 565 bokse met geskenkte sanitêre doekies, tweedehandse komberse en klere vir inwoners in uiterste armoede beslag gelê het, weier die regering steeds om die besending te laat gaan.
Die besending klere is deur Japan Relief Clothing Centre, a Japannese liefdadigheidsorganisasie in Osaka, Japan, aan die Young Women Christian Association (YWCA), ’n Namibiese welsynsorganisasie geskenk.
Die invoer van tweedehandse goedere wat vir liefdadigheid geoormerk is, is volgens die wet vir belasting op toegevoegde waarde (BTW), sowel as die doeanewet vrygestel van BTW en regeringsfooie.
Ten spyte hiervan is die skenking op 7 Oktober verlede jaar op die perseel van die Raad van Kerke in Namibië (CCN) gekonfiskeer deur beamptes wat deur die YWCA as “kwaai en arrogant” beskryf is.
Volgens mnr. Eben de Klerk van ISG Risk Services by wie die YWCA vir hulp gaan aanklop het, was die redes vir die beslaglegging dat die goedere nuut was, geen faktuur verskaf is nie en dat ’n verklaring vals was.
De Klerk sê sommige items het pryskaartjies aangehad. “Die skenker het op skrif bevestig die goedere is nie nuut nie en het ook in besonderhede die oorsprong van die goedere uitgestippel,” sê De Klerk.
Die doeane wou ook ’n faktuur by die YWCA hê, iets wat volgens hom nie moontlik is nie, tensy dit vervals word.
“Ons het al die dokumente ondersoek en direk met die skenker gekommunikeer. Ons het geen rede om te vermoed ’n valse verklaring is deur enige party buiten regeringsbeamptes gemaak nie.”
Die skenker doen gereeld skenkings oraloor die wêreld aan lande met arm inwoners, sowel as agentskappe van die Verenigde Nasies (VN).
Volgens De Klerk het doeanebeamptes ook van die klere na hul kantore geneem om glo ’n waardasie te doen om die plaaslike pryse te bepaal. Dit was na bewering omdat dit “namaaksels” was wat na Suid-Afrika gestuur moes word om te bepaal of dit nagemaak of eg is.
“Die klere is nooit vir gebruik vir kommersiële doeleindes in Namibië geoormerk nie.”
Voor die aankoms van die skenking is alle verskepingsdokumentasie aan doeane verskaf wat ook aangedring het op ’n per item waardasie. ’n Beraamde waarde is egter deur die skenker verskaf.
Volgens De Klerk is die nie die eerste keer wat die regering beslag lê op ’n skenking aan ’n liefdadigheidsorganisasie nie. ’n Soortgelyke geval was in 2018 toe 50 bokse klere “verdwyn” het terwyl dit in die besit van Namibiese doeane was. Die diefstal is aan die ministerie van finansies gerapporteer, maar daar het dadels van gekom.
De Klerk sê sedert Oktober het die YWCA sonder enige sukses by die ministers van finansies, sowel as internasionale betrekking en samewerking, vir hulp aangeklop.
“Ons het ook na die huidige minister van finansies uitgereik wat probeer het om te help, maar dit egter nie kon doen nie omdat hy nog wag op ’n mening van die regering se regslui.
Intussen het die Japannese skenker alle skenkings vir vanjaar aan Namibië gehalt totdat hulle antwoorde kry oor hoekom die jongste skenking ’n jaar later steeds in die besit van die regering is.
Die enigste opsie nou is vir die YWCA om die hoërhof te nader wat volgens De Klerk betreurenswaardig is aangesien dit ’n liefdadigheidsorganisasie met “karige hulpbronne” is, wat alleenlik op die welwillendheid van mense staatmaak.
“Ironies moet hulle nou ’n uitgerekte en duur regsgeding met die regering begin, dieselfde regering wat elke geleentheid gebruik om vir Namibiërs te vertel hulle gee om en kyk na die armes.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie