Doeane wil agente uitoorlu00ea
Doeane wil agente uitoorlu00ea

Doeane wil agente uitoorlê

Die ministerie van finansies beplan om bedrog wat met die vermyding van belasting verband hou, opnuut te pak.
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – Die doeanedirektoraat in die mini­sterie van finansies poog tans om klaringsagente te uitoorlê wat belasting vermy deur produkkodes vir niebelasbare items te gebruik.

Volgens 'n bron in die ministerie kom sulke sake algemeen voor.

Die bron voer aan talle handelaars is reeds weens dié gedrag beboet. “In sommige gevalle voer hulle ook verbode produkte in, soos medisyne, en voer dan aan die produkte is verkeerdelik na Namibië gestuur.

“Toe dit deur doeane ontdek is, het handelaars aangevoer dít was nie die voorskrifte wat hulle aan klaringsagente deurgegee het nie.”



Verliese

Tussen 2010 en 2016 het Namibië glo N$3,5 miljard weens onbetaalde doeanebelasting verloor.

Dit het in 2017 gelei tot die inhegtenisneming van die Walvisbaaise sakeman mnr. Julius Laurentius en die Chinese sakelui mnre. Jack Huang, Zhihua Gua, Hongying Jia, Shuhua Cao, Dadi Li en Ying Zhang.

Volgens die polisie en forensiese bewyse wat tydens hul borgtogaansoek voorgelê is, het die ministerie die verlies gely vanweë die onderstatering van die waarde van die ingevoerde goedere waarop doenebelasting betaal moes word.

Die Bank of Namibia (BoN) het vasgestel daar was 'n reuse-uitvloei van buitelandse geldeenhede vanuit Namibië.

Tydens die ondersoek is ontdek N$3,5 miljard is na bewering deur Laurentius se besigheid, Xtreme Customs, die land uit geneem.

Die ondersoekspan het vasgestel invoere is by doeane onderverklaar en by die bank oorverklaar, wat die verliese tot gevolg gehad het.

Dié tipe beweerde doeanebedrog het die ministerie genoop om eersdaags 'n bepaling van die Doeane- en Aksynswet af te dwing.

Gevolglik sal klaringsagente vanaf 1 Julie vanjaar nie enige transaksie mag verwerk sonder geskrewe instruksies en stawende dokumentasie nie, lui 'n ministeriële kennisgewing.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!