Doeanebedrog wek kommer
Namibiese besighede word versoek om waaksaam te wees en die onwettige gebruik van ondernemings se name en besonderhede aan te meld.
Augetto Graig - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ondersoek tans 'n Walvisbaaise doeaneklaringsmaatskappy weens sy beweerde betrokkenheid by 'n Zambiese maatskappy, Daily Meat Products.
Daily Meat Products word daarvan beskuldig dat hulle fakture vervals om die koste van invoere en uitvoere te verminder.
In die proses om verkeerdelik aan te dui dat sekere produkte van Namibië afkomstig is, word die name van onskuldige Namibiese maatskappye glo gebruik.
'n Voorbeeld hiervan is glo Daily Meat Products se invoer van gevriesde hoender uit Holland.
Die hoender is deur Walvisbaai ingevoer en is met oorspronklike dokumente met die hulp van die Namibiese klaringsmaatskappy deur die Wenela-grenspos Zambië toe geneem.
Aan die Zambiese kant is vervalste dokumente na bewering gebruik om die indruk te skep die hoender is oorspronklik van 'n maatskappy in Namibië afkomstig.
Volgens die Zambiese taksman het Daily Meat Products sodoende die afgelope twee jaar glo meer as N$1,5 miljoen se belasting ontduik.
Volgens die ACC is dié onwettige praktyk ontbloot ná 'n Namibiese maatskappy bewus geraak het van transaksies tussen een van hul filiale en Daily Meat Products.
Dít terwyl die moedermaatskappy geen kennis van die Zambiese maatskappy gedra het nie.
By ontvangs van relevante dokumentasie uit Zambië het die plaaslike organisasie bewus geraak van die beweerde vervalsing en het die ACC onmiddellik hiervan in kennis gestel.
Met die hulp van 'n afgevaardigde beampte van die ministerie van finansies is die ACC tans besig om rekords van so ver terug as 2015 na te gaan.
Die perseel van die Walvisbaaise maatskappy is deursoek en beslag is op verskeie dokumente, rekenaars en selfone gelê.
Die Zambiese inkomste-owerheid is van die ondersoek in kennis gestel, en het ook hul eie ondersoek na Daily Meat Products ingestel.
Die ACC doen 'n beroep op die publiek en plaaslike maatskappye om kennis te neem van die manier waarop die beweerde bedrog gepleeg is en om op die uitkyk te wees vir soortgelyke voorvalle.
Wanneer plaaslike besighede vermoed hul naam of besonderhede word in 'n soortgelyke misdaad gebruik, moet hulle die ACC so gou moontlik daarvan in kennis stel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie