Doele kom maklik vir witwarm Saints
Hokkie
Saints se mans- en vrouespanne is tans onkeerbaar in die Namibiese Hokkie-unie en Bank Windhoek se binnenshuise premierliga, waar beide spanne ná die tweede ronde boaan die onderskeie puntelyste kuier.
Die tweede ronde is die afgelope naweek in die hoofstad en Swakopmund afgehandel wat weereens ‘n strawwe kompeterende seisoen voorspel.
In die mansliga was Saints Vrydagaand by die skougronde in Windhoek onder leiding van afrigter Trevor Cormack weer vlymskerp met ’n allemintige oorwinning van 18-0 teen Unam.
Vyf doele deur Liam Hermanus, vier deur Cody van der Merwe, drie deur Dakota Hansen en twee elk deur Nico Neethling, Fagan Hansen en Owen Hatton het gewys dat die ligbloues geen ruimte wil laat vir enigiemand om hulle as die huidige titelhouer te onttroon nie.
Die volgende dag het Saints weer nie die voet van die versnelpedaal gehaal nie en Windhoek Old Boys met ’n kliniese vertoning van 12-3 van die baan af gespeel. Hul speltempo was eenvoudig te veel vir ’n span wat veronderstel was om hul sterk teenstand te gee.
Liam Hermanus, met tien doele sover, is Saints se voorste skerpskutter ná twee kragmetings. Cody van der Merwe het ook vier doele teen Old Boys ingeryg, terwyl Siyabonga Martins twee keer vir die verloorders teruggeslaan het.
Old Boys, wat ’n seisoen of twee gelede nog as kampioen die septer geswaai het, sal ooglopend sy spelpeil moet lig as hy in die res van die seisoen wil saampraat, want ná sy 3-3 uitslag Vrydagaand teen DTS het die twee aartsvyande die ligapunte gedeel.
Genadiglik vir Old Boys het Siyabonga Martins ’n driekuns behaal om DTS in te haal en met 3-2 verby te steek. Ongelukkig het JP Britz van DTS toe in die laaste sekondes met die gelykmakende doel vorendag gekom.
Die manspan van Wanderers het Saterdagaand sy eerste premierligapunte verdien toe hy Unam met 7-3 gestuit het.
In die vroueliga het Unam en Saints Vrydagaand met 2-2 gelykop gespeel, terwyl Unam vir Wanderers met 3-0 gebêre het. Die gesoute Maggie Mango maak die verskil met haar bedrewe driekuns in die tweede helfte.
Die puntestand ná twee naweke:
Mans: Saints 12, Old Boys 5, Wanderers 4, DTS 1, Unam 0.
Vroue: Saints 5, Unam 4, Old Boys 3, DTS 0, Wanderers 0.
Die volgende wedstryde van die 2019 Bank Windhoek binnenshuise hokkieliga vind komende naweek by die Windhoek-skougronde, Wanderers en DTS se binnenshuise arenas plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie