Doelwit bereik met 2020-kwalifisering
Namibië het die aanslag van die res van die vasteland afgeweer om ryers na Tokio te mag stuur.
Andrew Poolman - Die ondersteuning van 'n geesdriftige tuisskare was 'n groot faktor wat bygedra het tot die sukses van die Namibiese bergfietsryers wat vir die land twee plekke by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio oopgery het.
Die gedugte talent van Alex Miller het hom 'n bronsmedalje besorg by die Afrika kontinentale bergfietskampioenskap wat Saterdag by Farm Windhoek in Kleine Kuppe aangebied is.
Dit was ná die vroueresies waarin Michelle Vorster (vierde) ook vir Namibië as beste geplaaste land ná 'n Suid-Afrikaanse drietal in alle waarskynlikheid die Olimpiese knoop deurgehaak het.
Miller, nog net 18 jaar oud nadat hy as junior 'n tweemalige Afrika-kampioen was, het die o.23-kategorie gebokspring en sy man gestaan teen 'n baie sterk Suid-Afrikaanse kontingent in die elite mansresies.
Ná die eerste van die sewe baanrondtes het Miller hom in die sesde posisie bevind. Hy het sy posisie egter stelselmatig verbeter deur sy landgenoot Xavier Papo, asook die bekende SA ryers Matt Beers en Stuart Marais een ná die ander verby te steek. Miller het hulle met oortuiging afgeskud om twee minute voor Marais (vierde) klaar te maak.
“Ek is nog onder 23 en het dus glad nie verwag om 'n medalje te wen nie – selfs topvyf sou vir my 'n goeie uitslag wees. Ek is dus geweldig in my skik dat ons die Olimpiese posisie kon vasknoop, wat ons hooftaak vir die dag was. Die medalje is 'n baie welkome bonus,” het die plaasseun van Helmeringhausen in die verre suide gesê.
Miller het in meer as een onderhoud die ondersteuning van die skare uitgesonder. Toe hy Beers en Marais in die tweede helfte van die resies kort ná mekaar verbygesteek het, was daar omtrent 'n dreuning in Farm Windhoek se bekende vallei, waar besoekers vroeër die middag parkeerplek buite die eerste plaashek moes soek.
Hans du Toit, Namibië se fietsry-afrigter, was ewe in sy noppies met die merkwaardige resies van die 28-jarige Xavier Papo, wat sesde klaargemaak het. “Hierdie is een van Xavier se beste uitslae nóg. Hy het afgereken met manne soos Arno du Toit, wat tevore 'n skofwenner in die Absa Cape Epic was, en Marc Fourie.
“Ek dink dit was die eerste Afrika-byeenkoms waar SA sy beste elite mans gestuur het. Twee in die topses is ongelooflik en ek wens ons kon 'n fikse Tristan de Lange ook sien ry.”
Ligte reën het halfpad deur die mansresies begin val, voordat die toeskouers tydens die laaste baanrondte behoorlik onder die gazebo's in moes skarrel toe 'n harder stortreën begin uitsak het.
Vorster, wat twee jaar gelede in Mauritius die Afrika-goud verower het en ook die vorige Olimpiese Spele in Brasilië op haar getuigskrif het, moes hierdie keer haar pad oopveg nadat sy vroeg 'n agterstand ná die topdrie van Suid-Afrika gehad het.
Mariske Strauss het die vroueresies oor vyf baanrondtes in een uur 23 minute 39 sekondes verower. Tweede was Cherie Redecker, presies twee minute later, en derde was Candice Lill (1:26:33), wat hardnekkig bly klou het aan haar voorsprong bo Vorster (1:27:06) wat sterk ingehaal het .
VOLGENDE GESLAG
Afgesien van Miller kon net 'n enkele fietsryer wat nie Suid-Afrika se groen en goud gedra het nie, 'n podium-posisie oopry.
Dit was in die vroue onder 23-resies, waar Zambië se Anita Yamba as enigste inskrywing die goue medalje beklink het.
Suid-Afrikaners het die ander resiese behoorlik oorheers.
Onder 23 mans (vyf rondtes): 1 Wessel Botha (RSA) 1:12:00, 2 Julian Jessop (RSA) 1:14:55, 3 Henry Liebenberg (RSA) 1:16:02.
Junior mans (vyf rondtes): 1 Daniel van der Walt (RSA) 1:00:39, 2 Johan van Zyl (RSA) 1:00:55, 3 Tristan Nortje (RSA) 1:00:58, 8 Dieter Koen (Nam) 1:06: 33.
Junior vroue: (vier rondtes): 1 Strydom Zandri (RSA) 00:59:18, 2 Frances Janse van Rensburg (RSA) 1:01:12, 3 Emma van Coller (RSA) 1:05:04; 7 Cindy Rowland (Nam).
Seuns onder 16 (vier rondtes): 1 Luca Ruwiel (RSA) 0:38:50, 2 Bergran Jensen (Nam) 0:39:32, 3 Ian Els (RSA) 0:40:08.
Meisies onder 16 (drie rondtes): 1 Kirstin McDonald (Brittanje) 0:33:39, 2 Monique du Plessis (Nam) 0:34:47, 3 Fiona Vorster (Nam) 1:08:34.
Seuns onder 14 (drie kort rondtes): 1 Kevin Lowe (Nam) 0:40:12, 2Daniel Hahn (Nam) 0:40:43, 3 Philip van Schalkwyk (RSA) 0:43:47.
Meisies onder 14 (ses kort rondtes): 1 Ada Kahl (Nam) 0:31:44, Laura Engling (Nam) 0:36:31, 3 Katelyn (Nam) 0:34:11.
Seuns onder 12 (ses kort rondtes): 1 Sean Lowe (Nam) 0:25:56, 2 Roger Suren (Nam) 0:25:56, 3 Nathan Chase (Nam) 0:26:22.
Meisies onder 12 (vier rondtes): 1 Delsia Janse van Vuuren (Nam) 0:20:19, 2 Kylie Dickerson (Nam) 0:22:30, 3 Rosemarie Thiel (Nam) 0:23:33.
Seuns onder 10 (vier kort rondtes): 1 Micah Chase (Nam) 0:20:43, 2 Henry Chamberlain (Nam) 0:23:10, 3 Mike Baartman (Nam) 0:25:01.
Meisies onder 10 (drie kort rondtes): 1 4 Nicole Suren (Nam) 0:19:56, 2 Chloe Dickerson (Nam) 0:28:08.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie