Doen nou, vir mu00f4re
Doen nou, vir mu00f4re

Doen nou, vir môre

Dani Booysen
Die belang van die Afrika Droogtekonferensie wat tans in die Namibiese hoofstad plaasvind, kan nie onderbeklemtoon word nie.
Die beraad mag tydig wees, maar kon ook al vroeër plaasgevind het. Daar is al in 2013 op die belang van sulke indabas gewys.
Die boodskap tydens die konferensie se opening dat droogte proaktief en deurlopend beveg sal moet word, is vir Namibiërs nie nuwe raad nie. Die waterkrisis waarin Windhoek en Sentraal-Namibië tans verkeer, is minstens gedeeltelik die gevolg van ‘n gebrek om lank voor die tyd vir die droogtes van die toekoms voor te berei.
Wag en kyk, skep tereg katastrofes weens kortstondige en by tye ondoeltreffende krisisbestuur, soos me. Tumusiime Peace as een van die Afrika-unie (AU) se kommissarisse gesê het.
Droogtes, verwoestyning en ander gevolge van klimaatverandering, soos vloede, kan gemeenskappe en ekonomieë knak. Heropbou verg nie net reusagtige beleggings nie, maar baie tyd.
Proaktiewe en langdurige oplossings en reaksiemeganismes kan sulke skade beperk.
Volgens Unicef sal ‘n miljard van Afrika se inwoners teen 2050 jonger as 18 jaar oud wees.
Die vermoë om ‘n legio ontwikkelingsuitdagings aan te spreek – waarvan klimaatverandering net een is – sal die verskil maak of die vasteland geslagte radikale verarmdes of ‘n uitstaande bron van ontluikende mensekapitaal gaan skep.
Dieselfde doeltreffende en volhoubare proaktiwiteit word ewe dringend benodig in velde soos onderwys, opleiding, ekonomiese diversifisering, nywerheidsontwikkeling en andere.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!