Dogter red ma, word panga-slagoffer
Misdaad
'n 44-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy Vrydag sy eie elfjarige dogter met 'n panga in die Gobabis-omgewing aangeval het.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die kind by Freedom Square Damara Block Epako tussen middernag en 02:00 haar pa probeer keer om haar ma met die panga by te kom. Die dogter het in die proses 'n gebreekte arm en oop wonde aan haar nek en rug opgedoen.
Die polisie ondersoek 'n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, saamgelees met die wet op huishoudelike geweld.
• Die Namibiese polisie ondersoek ook die moord op 'n 68-jarige man wat aan steekwonde op die linkerkant van sy bors dood is. Dié voorval het Vrydag net voor middernag op Rehoboth plaasgevind. Die oorledene is as mnr. Nanz Swarts geïdentifiseer en die polisie het 'n 25-jarige manlike verdagte in hegtenis geneem.
DRIE LYKE GESTORT
Intussen is die lyke van drie mans by verskeie plekke in Windhoek gevind.
Vrydag omstreeks 01:50 is die lyk van 'n onbekende man deur 'n motoris op die pad tussen Okahandja en Windhoek gevind. Die motorbestuurder het dit by die Okahandja-padblokkade aangemeld.
• Die lyk van die 40-jarige mnr. Mbaindjikua Eksteen is Saterdagoggend in die rivierbedding by die Yetu Yama Namcol-sentrum in Katutura gevind. Sy gesig was opgeswel, met bloed aan sy voorkop en sy voete was vol modder toe die verbyloper hom gekry het. Sy familie is sedertdien oor sy dood ingelig. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
• Sondag omstreeks 08:00 is die lyk van mnr. Paulus Lukas (35) in 'n rivierbedding in Katutura met verskeie steekwonde gevind. Dit word beweer die oorledene is laas by die One Nation-kroeg gesien toe drie mans aangebied het om saam met hom huis toe te stap.
SELFDOODVOORVALLE
Vyf gevalle van selfdood is oor die naweek aangemeld. Die jongste slagoffer is die 25-jarige mnr. Jason Iyambo wat homself Vrydag in sy slaapkamer in Okahao opgehang het.
Dieselfde aand op Oshikuku moes die kinders van me. Rauna Jason haar slaapkamerdeur met 'n skroewedraaier oopbreek toe sy nie op hul oproepe reageer het nie. In die kamer het hulle gevind dat sy haar eie lewe geneem het deur haar met 'n serp aan die venster se diefwering op te hang.
• Vrydag omstreeks 16:00 is mnr. Kaluwa Sakaria (30) by die Oshiya Shemanya-nedersetting in die Noorde dood nadat hy homself met 'n tou aan 'n boom opgehang het.
Saterdagoggend het me. Theresia Shapaka (40) se man en bure haar liggaam naby Onesi hangend aan 'n boom gevind, ná 'n soektog wat Vrydagaand begin het toe sy nie huis toe gekeer het nie. Sy het na bewering die huis verlaat op soek na wilde spinasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie