Dok op vir plastieksakke
Dok op vir plastieksakke

Dok op vir plastieksakke

Twee winkelgroepe in Namibië gee om vir die omgewing.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Vanaf 1 Junie moet by twee winkelgroepe in Namibië vir plastieksakke opgedok word.

Volgens ’n mediaverklaring van Pick n Pay (PnP) Namibia sal 50 sent vir 'n plastiekinkopiesak by al hul winkels landwyd betaal word. Woermann Brock Supermarkets het op hul Facebook-blad aangekondig dat klante 25c per plastieksak moet opdok.

PnP Namibia, deel van die Ohlthaver & List (O&L)-groep, is tans besig met 'n veldtog genaamd "Plastic or Planet" wat die verantwoordelike gebruik van plastiek aanmoedig.

“Plastiek het 'n belangrik doel in verskeie industrieë. Dit is nie noodwendig die plastiek wat 'n probleem is nie, maar eerder die gedrag van ons mense met die gebruik van plastiek wat lei tot die huidige impak daarvan op die planeet," het PnP Namibia se bemarkingsbestuurder, me. Victoria Möller, gesê.

"Dit is bewys dat heffings op plastieksakke bewustheid onder gebruikers verhoog. Dit is vir PnP Namibia belangrik om ons deel vir bewusmaking en omgewingsbewaring te doen."

Möller moedig kliënte aan om liewer herbruikbare inkopiesakke te gebruik wat by enige PnP-winkel landwyd te koop is. 'n Dikker, sterker inkopiesak wat meer as een keer gebruik kan word, sal ook by alle PnP-winkels bekend gestel word.

'n Deel van die 50 c-heffing vir die plastieksakke sal aan die Recycle Namibia Forum (RNF) geskenk word vir 'n bewusmakingsveldtog om die drie R-programme, naamlik "Reducing, Reusing and Recycling", te bevorder.

Die RNF se koördineerder, me. Anita Witt, het PnP Namibia bedank vir hul voortdurende ondersteuning, ook toe die winkelgroep jare gelede saam met die RNF die "Bag to Nature"-veldtog van stapel gestuur het.

"Die besluit om vir plastiekinkopiesakke op te dok, sal kliënte daaraan herinner om 'n bewuste besluit te neem oor hoe om hul inkopies huis toe te neem. Hetsy in 'n plastieksak of herbruikbare inkopiesak, kliënte sal die RNF in omgewingsonderrig op skolevlak steun," het Witt gesê.

Volgens haar sal skole aan 'n herwinningskompetisie deelneem en dit sal meer skole in landelike gebiede insluit.

"Die Planet or Plastic-veldtog van PnP Namibia bied wenke oor hoe om doeltreffend en produktief plastieksakke te gebruik sonder om hulle weg te gooi. Plastiek is 'n 100%-herwinbare kommoditeit," lui die mediaverklaring.

Woermann Brock-supermarkte sal 50% van hul inkomste uit plastieksakverkope in hul We Care-trust stort. Kliënte wat Smart Buy-lede is, sal ook 50% in die vorm van punte op hul klubkaarte terugkry.

Vir meer inligting oor Woermann Brock se We Care-trust, besoek www.woermannbrock.com.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!