Dokkie wu00fds hoe stroop van renosters lyk
Dokkie wu00fds hoe stroop van renosters lyk

Dokkie wýs hoe stroop van renosters lyk

Lloyd Zandberg
Die hartverskeurende, onthutsende en realistiese dokumentêr oor die gruwels van renosterstroping is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Brouerye vereer met die Environmental Media of the Year Video Media-toekenning vir 2019. Dié toekenning gee erkenning aan vervaardigers en regisseurs van uitsonderlike dokumentêre rolprente oor omgewingsbewaring.

Dit is boonop die 25ste prys wat Susan Scott en Bonné de Bod vir hierdie dokkie gewen het, veral vir hul vreeslose navorsing, objektiewe styl, die onderhoudende manier waarop die dokumentêr uiteengesit is, en die vernuftige wyse waarop statistieke en inligting visueel toeganklik gemaak is.

Terloops, Karen Tendler, wat in die rolprent voorkom, het die Nick Steele Memorial-toekenning vir omgewingsbewaring gewen vir haar toewyding en stryd om renosterstroping te bekamp en wilde diere te rehabiliteer.

Hier word nie doekies omgedraai nie. Dit neem jou na die verrotte hart van die renosterstropingsbedryf. Daar is onderhoude met wildbewaar­ders wat renosters probeer red en mense wat renosterkalfies probeer beskerm en rehabiliteer. Maar daar is ook grusame tonele van renosters wat sinneloos vir hul horings doodge­maak of vermink is. Onthou, van die tonele is so realisties dit het ’n skokeffek. Maar dit is juis die doel: om mense bewus te maak van die euwels van stroping. En dit kan net gebeur as die gehoor met brutale beelde gekonfronteer word.

Jy sal in ongeloof na dié uitmuntende dokumentêr staar. Dit lê die gruwel-waarheid agter vele koerantopskrifte bloot en kry nuwe betekenis omdat jy sién wat gebeur. Dit kan jou onthuts en dae lank laat nadink en besin.

Stroop – Journey into the Rhino Horn War is op Showmax beskikbaar - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!