'Dokters staan pa vir regering se tekorte'
Die regering se verskuiwing van blaam op private gesondheidsorg oor die gebrek aan uitbetaling van eise van die staat se mediese fonds, is bloot 'n poging om mislukking te verdoesel, sê die Namibiese Praktisynsforum.
Henriette Lamprecht - Dokters moet pa staan vir die regering se kontantvloeitekort.
Daarmee saam trek veral praktyke op die platteland aan die kortste end waar 90% van hul lede aan die staat se mediese fonds, PSEMAS, behoort.
Volgens dr. Dave Weber van die Mediese Vereniging van Namibië (MAN) is PSEMAS-eise op 2 Desember verlede jaar laas uitbetaal.
“Drie dokters het my in trane gebel en gesê daar is nie geld vir goed soos salarisse nie."
Volgens Weber duur dit gewoonlik ’n minimum van 10 tot 12 weke voordat PSEMAS-eise uitbetaal word. Dokters stuur op ’n daaglikse basis eise deur na PSEMAS se administrateur, Methealth.
“Methealth is op datum en het dit reeds verwerk. Dit lê egter by PSEMAS, wat dit moet uitbetaal.”
Volgens Weber is dokters gewoond daaraan om vir dié uitbetalings te wag en hul praktyke te dra.
“Maar nou wag ouens op plekke soos Mariental, Karasburg, Lüderitz en Otjiwarongo nog vir eise wat reeds maande tevore ingedien is.”
MAN het Dinsdag ’n skrywe aan die permanente sekretaris van finansies, me. Erica Shafudah, me. Beth Clayton (Methealth Namibia) en mnr. Etienne Coetzee, finansiële bestuurder by PSEMAS, en die ministerie van finansies gestuur waarin hul dringende antwoorde op die sloer in uitbetalings soek.
Intussen het Namibiese Praktisynsforum (NPPF) by monde van sy verteenwoordiger gesê om die uitgawes van enige fonds, in dié geval PSEMAS, te bepaal, sou dit ’n “futiele oefening wees om die nie-gesondheidsorguitgawes van die fonds te ignoreer”. Volgens mnr. Eben de Klerk moet administratiewe koste byvoorbeeld in so ’n skatting ingesluit word.
“Om die verskaffers van gesondheidsdienste te betaal om staatsdienswerkers te behandel, is presies die doel van die fonds, maar wat word andersins bestee?”
Die NPPF maak ook by monde van dr. Dries Coetzee sterk kapsie teen ’n artikel in ’n weekblad waarin beweer word dat dokters PSEMAS “melk”.
“Dit is ’n poging om nie net die regering se mislukking in die bestuur van sy finansiële verpligtinge te verdoesel nie, maar ook ’n ligsinnige en dekonstruktiewe poging om die blaam op die private gesondheidsorgbedryf te plaas.”
Volgens Coetzee is dit duidelik uit toenemende vertragings deur PSEMAS om gesondheidspraktisyns te betaal dat die regering nie genoeg geld het om sy verpligtinge na te kom. “Die regering is nie eerlik oor die situasie nie en bly beslis dat sy finansiële situasie onder beheer is.”
Die NPPF sê voorts PSEMAS-uitgawes word met belastinginkomste betaal. Betalings aan PSEMAS word aan private gesondheidsverskaffers in terme van ’n ooreenkoms tussen PSEMAS en elke gesondheidsverskaffer gemaak. Betalings aan verskaffers volg op die verskaffing van professionele dienste of produkte in terme van die betrokke kontrak.
Volgens NPPF is daar “geen twyfel dat daar oneerlike diensverskaffers is nie” en het die NPPF ’n prosedure ingestel vir die ondersoek van klagtes teen sy lede.
“PSEMAS het nie ’n enkele verdagte geval aan ons vir verdere ondersoek gerapporteer nie.” Volgens die 2016-jaarverslag van die Namibiese waghond oor finansiële instellings, Namfisa, was gesondheidsuitgawes vir private mediese fondse N$13,422 per lid per jaar.
“Buiten ’n paar mindere veranderlikes en net gebaseer op uitgawes per lid, word private gesondheidsorgdienste aan staatsdienswerkers teen ’n koste van rofweg vyf keer minder verskaf as wat deur private mediese fondse betaal word. Daarmee saam word private gesondheidsorg beperk deur ’n praktyk van prysvasstelling tussen die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (NAMAF) en mediese fondse, ’n praktyk wat deur die hoërhof beslis is as ’n oortreding van die mededingingswet.”
Die NPPF sê dit gaan niemand help om valslik die private gesondheidsektor te beswadder om die “finansiële werklikheid binne die regering te verdoesel” nie.
“Net nog minder gesondheidspraktisyns en –dienste gaan vir Namibiërs beskikbaar wees.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie