Dokumentu00ear oor volksmoordkwessie op Al Jazeera
Dokumentu00ear oor volksmoordkwessie op Al Jazeera

Dokumentêr oor volksmoordkwessie op Al Jazeera

Die fliek gaan oor ‘n gemeenskap wat 'die magtige teen alle verwagtinge in aanpak'.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - ‘n Dokumentêre fliek van die Suid-Afrikaner Vincent Moloi, Skulls of My People (Skedels van My Mense) is Woensdag op Witness, Al Jazeera se Engelse kanaal, uitgesaai.

Dit volg die veldtog wat tans druk op Duitsland plaas om die volksmoord van 1904 tot 1908 te erken en om verskoning daarvoor te vra.

Dit dek besprekings oor die eise vir vergoeding, die terugkeer van menslike oorskot en kwessies wat geaffekteerde gemeenskappe met die Duitse en Namibiese regerings opneem.

Die onderhandelinge word gekritiseer omdat dit die geaffekteerde gemeenskappe, wat ‘n hofgeding by ‘n hof in New York teen Duitsland begin het, uitsluit.

Die dokumentêr is vir die eerste keer by die Internasionale Dokumentêre Filmfees in Amsterdam (IDFA) bekend gestel waar dit beskryf is as "die storie van ‘n gemeenskap op voetsoolvlak wat die magtige teen alle verwagtinge in aanpak".

Dit gee ‘n stem aan die woede wat Nama- en Ovaherero-afstammelinge het oor die slagting van hul voorouers, sowel as hul frustrasies met die Duitse en Namibiese regerings in hul reaksie op die huidige veldtog vir herstellende geregtigheid.

Die fliek dek byvoorbeeld die Duitse parlement se verwerping van ‘n 2015-mosie om die volksmoord te herdenk en om ‘n verskoning uit te reik.

Dit gaan ook oor die betrokke groepe se frustrasie met die Namibiese regering omdat hulle daarop aandring dat die Nama- en Ovaherero-groepe nie direk by die onderhandelinge betrokke moet wees nie.

“Ons regering kan ook by die konferensietafel wees. Ons ontken nie hul plek daar nie, maar ons moet namens ons mense onderhandel, want ons ken die pyn wat veroorsaak is en watter pyn ons ekonomies, sielkundig en andersins steeds ly,” sê die Ovaherero-opperhoof, adv. Vekuii Rukoro, in die fliek.

Die sekretaris van die Ovaherero Volksmoordstigting 1904 (OGF 1904), me. Utjiua Muinjangue, deel haar wantroue teenoor beide regerings.

“In ons oë is die Duitse regering die oortreder. Maar hulle is nou die speler en die skeidsregter. Jy kan nie self besluit of jy skuldig is of nie. Jy kan ook nie besluit of ek skuldig is nie en watter straf ek moet kry nie,” sê Muinjangue.

Oor die Swapo-regering sê sy: “Hulle wil hê die hele wêreld moet weet dat die vryheidsoorlog in 1966 begin het. Hulle wil nie vir ander krediet gee nie. Krediet moet slegs aan hulle gegee word. En as jy nou 1904 erken - ons erken die Herero-mense en hulle wil dit nie hê nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!