Dollar pootjie rand se herstel
Dollar pootjie rand se herstel

Dollar pootjie rand se herstel

Elvira Wood – Die rand se lopie om Vrydag weer tot goed onder die R15-vlak teenoor die dollar te verstewig is Maandag in sy spore gestuit.

Reuters berig die Amerikaanse geldeenheid het kort voordat bykomende invoertariewe op $200 miljard se Chinese produkte gehef sou word, teen verskeie geldeenhede verstewig.

Dit het die rand weer tot net onder die R15-vlak gedruk.

Die rand het gisteroggend vroeg op R14,93 teenoor die dollar verhandel.

Dit is amper 30c swakker as die R14,63 waarteen dit in ’n stadium Vrydag verhandel het.

Die dreigende handelsoorlog tussen die VSA en China laat geldeenhede reeds geruime tyd wipplank ry.

Valutaontleders van JPMorgan waarsku dat die einde van dié stryd waarskynlik nog nie in sig is nie.

“Die situasie sal waarskynlik vererger. Die koers waarteen tariewe gehef word, kan moontlik tot 25% verhoog én daar kan méér tariewe ingestel word. Daar is ook die kans dat China hom van handelsgesprekke kan onttrek,” waarsku die ontleders.

Die sterker dollar het ook die goudprys weer tot onder die vlak van $1 200 per fynons gedruk.

Die rand het op R19,54 teenoor die Britse pond en op R17,38 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake só:

· Goud: $1 195 per fynons

· Platinum: $793 per fynons

· Olie: $77,97 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: $6 487,02

· Ethereum: $220,86 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!