Dollar slaan steeds die kitaar, rand en goud sukkel
Elvira Wood – Dit is duidelik die dollar slaan steeds die kitaar wat betref wêreldmarkte.
Reuters berig die Amerikaanse geldeenheid het Dinsdag sy pas volgehou.
Dit het druk op geldeenhede en ook die goudprys geplaas.
Nuus dat Suid-Afrika se ekonomie in 2018 met ’n skamele 0,8% gegroei het, was wel in pas met wat ekonome verwag het, maar het nie die rand teenoor die dollar gehelp nie.
Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag die nuutste ekonomiese groeisyfers bekend gemaak.
Waar die rand Dinsdag se verhandeling op R14,16 teenoor die dollar gesluit het, het hy vroeg Woensdagoggend teen bykans dieselfde vlak op R14,19 verhandel.
Dit is nie net die rand wat tans sukkel weens die sterk dollar nie.
Die goudprys het dié maand reeds met 2% gedaal.
Die edelmetaal het Woensdag teen $1 287,10 per fynons verhandel.
Goud word as veilige beleggingshawe beskou, maar verloor dikwels sy glans wanneer die dollar sterker verhandel soos wat tans die geval is.
Die rand het Woensdagoggend teen R18,65 teenoor die Britse pond en R16,03 teenoor die euro verhandel.
Met die hulpbronne staan sake soos volg:
· Goud: $1 287,10 per fynons.
· Platinum: $831 per ons.
· Olie: $65,36 per vat.
Digitale geld
· Bitcoin: $3 819,34
· Ethereum: $134,87
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie