Dolphins presteer in Tsjeggiu00eb
Dolphins presteer in Tsjeggiu00eb

Dolphins presteer in Tsjeggië

Europese en wêreldkampioene het ook by die hoog gerekende gala meegeding.
'n Groep van 21 swemmers van Dolphins-klub het onlangs van 'n toer na die Tsjeggiese Republiek teruggekeer.

Die groep was Vicky Botha, Heinrich Burger, Jodave Cioccolanti, Nico Esslinger, Tiana Esslinger, Carissa Esslinger, Viktoria Ellmies, Matthew Gertze, Armand Hagen, Marco Henning, Corné le Roux, Matthias Lichtenberg, Joanne Liebenberg, Hendrik Oosthuizen, Martin Oosthuizen, Friedrich Setzkorn, Xander Skinner, Molly Smalley, Heleni Stergiadis, Zune Weber en Arkell Wellmann.

Die groep het in 'n oefenkamp van twee weke deelgeneem wat deur Boris Neuwrit in samewerking met die Klub Plavechych Sportu in Ostrava gekoördineer is.

Die Dolphins-span het saam met Tsjeggiese swemmers geoefen, terwyl hul afrigter Janis Stergiadis idees met sy eweknieë Boris Neuwirt, Libor Kohut, Viteslav Hartman en Petra Formankova geruil het.

Afgesien van die oefensessies in die swembad, het die Namibiërs ook die kans gebruik om die Europese land se ryk kultuur en natuurtonele te verken.

Op hul beurt het hulle Namibië bekendgestel aan die studente van die Emil en Dana Zatopek Sportgimnasium in Ostrava.



SWEMGALA

Die oefenkamp het uitgeloop op deelname aan die internasionale swem­gala Pardubice Grand Prix Arena Cup. Die byeenkoms vanaf 25 tot 27 Mei het gedien as 'n kwalifiserende geleentheid vir die Olimpiese jeugspele en die Europese kampioenskap.

Omtrent 630 swemmers van 80 klubs in altesame tien lande het in die byeenkoms meegeding, naamlik van Tsjeggië, Namibië, Spanje, Finland, Noorweë, Denemarke, Sirië, Hongarye, Pole en Slowakye.

Selfs Europese en wêreldkampioen­swemmers soos Mireia Garcia Belmonte van Spanje was in aksie.

Dolphins se swemmers het beïndruk met fantastiese uitslae.

Alexander Skinner het vir drie A-finale gekwalifiseer en 'n bronsmedalje in sy 50 meter vryslag (23.43 sekondes), 'n silwer in die 100 vryslag (51.06 s) en 'n vyfde plek in die 200vryslag (1:54.22) behaal.

Skinner was ook in die derde posisie in die B-finaal van sy 200 individuele wisselslag (2:12.26). Sy meeste FINA-punte (775) is met sy vertoning in die 100 vryslag ingesamel.

Heleni Stergiadis het in twee A-finale geswem. In die 200 rugslag het sy sesde klaargemaak (2:27.55) en in die 400 individuele wisselslag was sy agtste (5:15.76).

Heleni het ook twee B-finale gehaal, waar sy vierde in die 200 individuele wisselslag (2:28.45) en vyfde in die 100 rugslag (1:08.25) was.

Tiana Esslinger was sewende in die A-finaal van 200 rugslag (2:28.76).

Zuné Weber het in drie B-finale geswem. Sy het sesde plekke in die 50 rugslag en 50 meters vryslag (onderskeidelik in tye van 31.74 en 27.99) verseker en was ook agtste in die 100 rugslag (1:10.67).

Viktoria Ellmies het deurgedring tot twee B-finale. Sy was derde in die 100 vryslag (1:00.50) en vierde in die 400 vryslag (4:41.75).

Corné le Roux het vir die 200 vlinderslag B-finaal gekwaliseer waar hy vierde in 'n tyd van 2:14.75 klaargemaak het.

Joanne Liebenberg was eerste in die 200 meter vlinderslag B-finaal (2:29.00).



REKORDS

Alexander Skinner het twee keer die Namibiese nasionale rekord in sy 50 vryslag oortref – eers in die uitdun (23.55) en weer in die finaal (23.43).

Viktoria Ellmies het 'n ouderdomsrekord van die Namibiese Amateur Swemunie (Nasu) in die meisies 13-14 jaar klas oortref. Hoewel sy nie 'n Namibiese burger is nie, het sy die rekord met haar tyd van 1:00.50 oortref.

In die klubkompetisie se ranglys het Dolphins algeheel 12de klaargemaak en was vyfde sover dit die gesamentlike FINA-punte betref.

Beide die oefenkamp en die deelname aan die Pardubice Grand Prix byeenkoms was besonder waardevolle ondervinding vir die Namibiese swemmers.

Dolphins se afrigter, Janis Stergiadis, sê die toer het die oë van beide die jong en gesoute swemmers geopen.

“Ons hoop om voortaan jaarliks soortgelyke reise na oefenkampe te reël, omdat dit soveel vir Namibiese swem beteken.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!