Dom aankope kan dalende kosinflasie neutraliseer
Verbruiker moet slim koop
Dr. Kobus Laubscher
Dit bly 'n raaisel oor hoe verbruikers se kooppatrone deur die loop van die maand wissel.
Teen die middel van die maand is die meeste te platsak om doeltreffend te koop, maar winkels moet deurlopend reg wees om te voorsien. Dit is egter duidelik dat aanbod in daardie tydgleuf die vraag oorskry en is spesiale aanbiedinge aan die orde van die dag.
Produkte vat langer om te verkoop en namate vervaldatums nader kruip, moedig winkeleienaars kopers op allerlei vindingryke maniere aan. Met hulle (die verbruikers) kontantvloei onder druk, verhandel voorrade stadiger en word meer vermors.
Mense is ook gewoon nie bereid om anders te eet en dit te bekostig deur beter finansiële beplanning nie. Aan die ander kant kan vloei van veral seisoenale produksie in die voedselketting fel deur middel van tegnologie verlangsaam word, maar nie gestop word nie. Daar is net soveel plek in koelkamers.
Slim verbruikers met genoeg olie in hulle spreekwoordelike lampe, eet dus lekkerder en goedkoper. Teen maandeinde is die winkelrakke voller en winskope skaarser. Die rede? Met geld in die hand verloor die verbruiker óf kop, óf die winkeleienaar het nie nodig om deur middel van winskope of kortings, verkope te stimuleer nie.
Wat egter die ekonomie van aankope verder omkrap, is hoe kooppatrone wissel na gelang van die beskikbaarheid van kontant, veral onder diegene wat noodwendig van die hand tot die tand moet leef.
Klein bederfies soos 'n stukkie gaar hoender, 'n paar knoffelbolle en 'n 2 liter-gaskoeldrank, wat maklik die helfte van 'n honderd muntstukke kos, word gekoop. Dít terwyl die ekwiwalent van 'n heel rou hoender, 'n gesonde brood en gebottelde water, beter waarde vir geld bied. Dit is gesonder en die geld wat so gespaar word, kan die middelmaand-kooppatrone komplementeer – slimmer aankope kan sulke verbruikers dalk regdeur die maand laat koop.
Sonder om die belangrikheid van toegevoegde waarde te onderskat, bly die toenemende verskil tussen die plaashekpryse en wat die verbruiker betaal, 'n kopseer. Soms is dit die gevolg van verhoogde transaksiekoste wat beide die boer en die verbruiker benadeel.
Die verbruiker wat nie self waarde wil ontsluit deur self kos voor te berei nie, sien nie die gat in die beursie nie. Daar moet méér met die kop gekoop word en minder op grond van 'n honger maag.
Só 'n benadering is nou belangriker as ooit te midde van ekonomiese stagnasie, werkverliese en hopelik dalende kosinflasie.
KOSINFLASIE
Daar is aanduidings dat ten spyte van swak reën in groot dele van die somerreënvalgebiede, Suid-Afrika in staat behoort te wees om selfs met 'n klein graanoes genoeg uitvoerbare surplus te hê om voedselonsekuriteit in die streek te bekamp.
Die Nasionale Bemarkingsraad van Suid-Afrika berig in 'n verslag van 31 Januarie 2018 dat die rekord somergraanoes van die vorige seisoen steeds pryse, en gevolglik kosinflasie, laag hou.
Die 28-item kosmandjie wat deur die raad ontleed word, het in Desember verlede jaar R849,22 gekos, wat slegs 0,61% duurder was as in November. Dit is veral betekenisvol omdat dit teen normale seisoenale prysverloop is. Slegs 7 uit die 28 items se pryse het die SA Reserwebank se boonste inflasieteiken oorskrei, met eiers (22,2%) en vars kool (42,6%) wat die pas aangegee het.
Beide hierdie produkgroepe se prysstygings was die gevolg van die geweldige negatiewe impak van eksterne faktore soos die voëlgriep en droogte.
Beesmaalvleis se pryse het jaar-op-jaar met meer as 11% gestyg en na verwagting sal vleispryse steeds in 2018 hoog bly omdat die bedryf in 'n ná-droogte fase is en produsente kuddes herbou.
Die pryse van hoenderporsies biggel so op die grens met jaar-op-jaar stygings van 6,6%.
Die gevolg is dat dierlike proteïengebaseerde produkte steeds prysveranderings in terme van pryse en relatiewe gewig binne die kosmandjie lei.
Die verbruiker moet dus nóg slimmer koop om meer te kan bekostig, selfs in die middel van die maand.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie