Dominee: Jonges moet hulself verantwoordelik geniet
Dominee: Jonges moet hulself verantwoordelik geniet

Dominee: Jonges moet hulself verantwoordelik geniet

‘n Beroep is op gemeenskapsleiers op Rehoboth gedoen om jongmense te help om op ‘n gesonde en verantwoordelike wyse te ontspan.
Ronelle Rademeyer
Boet Matthews – Hartverskeurende tonele het Saterdagmiddag in die begraafplaas op Rehoboth afgespeel waar honderde mense vir oulaas eer betoon het aan die drie jong mans wat Saterdag 4 Februarie in Oanobdam buite dié dorp verdink het.

Daar was nie ‘n droë oog in die skare toe die drie kiste met Bjorn van Wyk (26), Rasjiv Dentlingers (26) en George Izaaks (25) stadig na benede gesak het nie.

“Hoekom moes dit met hulle gebeur? Die drie was dan in die fleur van hul lewe en kom ‘n lang pad saam,” het een van die begrafnisgangers hartseer opgemerk.

“Ons kan op die Here vertrou, want Hy se roep my aan in die tyd van benoudheid, ons roep U nou aan om hierdie families, elke ouer, en elke vriend vandag te kom onskraag met U genade. Mag hulle U teenwoordigheid ervaar soos nog nooit, nooit tevore nie dat hulle hiervandaan kan gaan en getuig: Toe ek op my swakste was, het die krag van die Almagtige my volmaak gemaak,” het een van die sowat sewe geestelike leiers ter bemoediging gesê.

Ds. Roger Pedro het gesê dit raak nou die norm dat ouers hul kinders begrawe. “Dit is deesdae ons die ouers wat rondom kinders se grafte moet staan Ek het self ‘n kind verloor weens ‘n swemongeluk. Die dood is die seerste ding wat ‘n ouer kan tref.

“Hoe moes die drie oorledendes se ouers en familie gevoel het toe die boodskap na hulle gebring is. Ons wil as geestelike leiers ‘n beroep doen op die jeugdiges om hulself verantwoordelik te geniet,” het hy gesê.

Hy het ook gese hy wil ‘n beroep doen op gemeenskapsleiers om jongmense te help om gesonde ontspanning te hê. “Dat die jongmense hul lewens geniet en by ander dinge soos sport en gemeenskapsdienste hul gewig ingooi.

“So, jongmense hou kop en grootmense gee ons jonges geleentheid om verantwoordelik te kan optree en daarbenewens hulself ook te geniet. Dis absoluut ‘n tragedie en ek weet eintlik nie hoe ouers so ‘n insident kan oorkom nie,” was sy woorde.

Die drie vriende was deel van ‘n groep van nege jongmense wat die dag by die dam deurgebring en partytjie gehou het. Hulle het verdrink toe die boot waarop hulle was, gesink het. Die ander ses het oorleef.

Pedro het die gemeenskap gevra om mekaar te ondersteun wanneer sulke tragiese dinge gebeur. “Onthou, vandag is dit ander (mense), maar môre mag dit dalk ek of jy wees.” [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A