'Donald Trump is nie nag vir Suid-Afrika'
'Donald Trump is nie nag vir Suid-Afrika'

'Donald Trump is nie nag vir Suid-Afrika'

Ontleders sê onsekerheid oor wat die nuut­aangewese Amerikaanse president sal doen, is die grootste probleem, met markte wêreldwyd wat in die volgende paar weke fyn ingestel sal wees op wat hy oor beleidsrigtings sê.
Henriette Lamprecht
Riana de Lange - Ontluikende markte en hul geldeenhede het omtrent die ritteltits sedert die nuus Donderdag begin insink het dat die Amerikaanse miljardêr Donald Trump op pad is na die Withuis.

En hoewel onsekerheid wisselvalligheid gaan bring, is daar ''n paar silwer randjies vir Suid-Afrika as van Trump se planne realiseer, sê ontleders.

Die rand het in ''n vertraagde reaksie op die uitslag van die Amerikaanse verkiesing Donderdag een van sy slegste dae in die laaste vyf jaar teenoor die dollar beleef, en van die swakste teenoor die pond in agt jaar.

Kort voordat Amerikaners Dinsdag na die stembus gegaan het, het die rand teen sowat R13,30 teenoor die dollar verhandel, maar Vrydagnamiddag het dit by R14,47 gedraai.

Die rand was die grootste­ verloorder onder die 24 ontluikende geldeenhede wat Bloomberg monitor.

Izak Odendaal, ''n beleggingstrateeg by Old Mutual Multi-Managers, sê die Trump-oorwinning plaas groot druk op ontluikende markte weens sy verkiesingsuitsprake teen vryhandel en globalisering – wat in wese ontluikende markte se groeimodel raak.

Indien Trump se infra­struktuurbesteding realiseer,­ kan dit inflasie in die VSA aanblaas en tot hoër rentekoerse lei. Dít sal negatief wees vir drahandel (waar beleggers geld teen ''n lae rentekoers in een land leen en in ''n ander land met ''n hoër rentekoers belê) in ontluikende markte.



Onsekerheid

sal heers

Ontleders sê onsekerheid oor wat Trump sal doen, is die grootste probleem.

Markte wêreldwyd sal in die volgende paar weke fyn ingestel wees op wat hy sê oor beleidsrigtings.

Prof. Jannie Rossouw, hoof van die Universiteit van die Witwatersrand se skool vir ekonomiese­ en sakewetenskappe, sê Trump moet die idee skep dat hy ''n president sal wees waarmee ander staatshoofde sal wil saamwerk.

Prof. Raymond Parsons van die Noordwes-­Universiteit se sakeskool sê die onmiddellike situasie gaan een van onsekerheid en wisselvalligheid wees, wat ook die rand raak.

“Die probleem met Trump is sy onvoorspelbaarheid, wat onsekerheid meebring. Onthou wel die Republikeinse same­stelling van die nuwe kongres beteken nie hulle sal sy volledige agenda ondersteun nie. Die wigte en teenwigte in die Amerikaanse politieke stelsel is relevant vir die implementering van Trump se agenda,” sê hy.

Parsons waarsku dat die politieke verwikkelinge in die VSA benadruk hoe noodsaaklik dit is dat Suid-Afrika sy huis in orde kry om kredietafgradering later vanjaar te vermy.



Agoa nie in spervuur

Tydens Trump se veldtog het hy talle proteksionistiese uitsprake gemaak wat handel met lande soos Mexiko en China kan raak.

Gevolglik het vrae ontstaan oor die toekoms van die wet op groei en geleent­hede in Afrika (Agoa), wat tariefvrye uitvoer van landbou­produkte na die VSA moontlik maak.

Patrick Gaspard, Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, het dié week aan Talk Radio 702 gesê die ooreenkoms is nie in gevaar nie.

Volgens Odendaal is daar nie een Afrikaland onder Amerika se top-30-handelsvennote nie. Hy meen dus weens die klein omvang daarvan, sal Agoa nie in Trump se visier wees nie.



Hulpbronpryse

kan styg

Rossouw sê as Trump ekonomiese groei en werkskepping in die VSA ''n hupstoot kan gee soos beloof, kan dit voordelig wees vir Suid-Afrika as ''n kommoditeitsprodusent.

Indien Amerikaanse groei byvoorbeeld lei tot hoër pryse vir onder meer goud, platinum en ystererts, sal dit die Suid-Afrikaanse mynbedryf help – ook om meer poste te skep.

Odendaal maan beleggers om nie paniekerig te raak nie. As jy onseker is, is dit goed om weer te kyk na die beweegrede waarom jy op ''n sekere belegging besluit het. As jou eie omstandighede nie verander het nie, is dit nie nodig om veranderings te maak nie. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-02-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Six Nations: Scotland 18 vs 32 Ireland | England 26 vs 25 France | Italy 22 vs 15 Wales Premier League: Everton 2 vs 2 Liverpool Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 19° | 31° Eenhana: 20° | 28° Oshakati: 22° | 28° Ruacana: 19° | 29° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 22° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:33, High tide: 05:38, Low Tide: 23:34, High tide: 17:50 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:31, High tide: 05:36, Low Tide: 23:32, High tide: 17:48 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 24km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:31, High tide: 05:35, Low Tide: 23:32, High tide: 17:47 Rehoboth: 19° | 31° Mariental: 22° | 34° Keetmanshoop: 24° | 37° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 17° | 31° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 17° | 26° Lubumbashi: 18° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 19° | 24° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 23° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.95 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1509 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 28.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 88717.13 Up +1.00% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.63 Up +0.36% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16452.23 Up +0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10063.87 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 882.48/OZ DOWN -0.0166 | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0281 | Zinc US$ 2 857.30/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP DOWN -0.0102 | Platinum US$ 1 001.35/OZ DOWN -0.0362 Sport results: Six Nations: Scotland 18 vs 32 Ireland | England 26 vs 25 France | Italy 22 vs 15 Wales Premier League: Everton 2 vs 2 Liverpool Weather: Katima Mulilo: 20° | 24° Rundu: 19° | 31° Eenhana: 20° | 28° Oshakati: 22° | 28° Ruacana: 19° | 29° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 30° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 22° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:33, High tide: 05:38, Low Tide: 23:34, High tide: 17:50 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:31, High tide: 05:36, Low Tide: 23:32, High tide: 17:48 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 24km/h, Wind direction: W, Low tide: 11:31, High tide: 05:35, Low Tide: 23:32, High tide: 17:47 Rehoboth: 19° | 31° Mariental: 22° | 34° Keetmanshoop: 24° | 37° Aranos: 21° | 32° Lüderitz: 17° | 31° Ariamsvlei: 26° | 39° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 27° | 29° Gaborone: 17° | 26° Lubumbashi: 18° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 18° | 25° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 19° | 24° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 134.95 | USD to AOA 912 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 50.59 | USD to KES 129.22 | USD to NGN 1509 | USD to ZAR 18.35 | USD to ZMW 28.15 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 88717.13 Up +1.00% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1797.63 Up +0.36% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 16452.23 Up +0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29997.11 Up +1.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10063.87 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 882.48/OZ DOWN -0.0166 | Copper US$ 4.62/lb DOWN -0.0281 | Zinc US$ 2 857.30/T DOWN -0.07% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP DOWN -0.0102 | Platinum US$ 1 001.35/OZ DOWN -0.0362