Doncaster vat raak met Klim
Sy kontrak in Engeland is net vir die tweede helfte van die seisoen, maar hopelik die begin van groter deurbrake.
Andrew Poolman - 'n Lewensdroom is vir Lesley Klim bewaarheid toe hy voor Kersdag by sy nuwe Engelse rugbyklub Doncaster aangesluit het.
Die Namibiese senter van FNB Unam, wat volgende maand 23 jaar oud word, het die afgelope twee seisoene verskeie sensasionele vertonings gelewer en rugby-ondersteuners is gretig om te sien hoe hy sy komende geleentheid kan aangryp.
Klim het aan Republikein gesê dié deurbraak bewys opnuut dat 'n rugbyspeler altyd sy beste voet moet voor sit, omdat jy nooit weet wie jou dophou nie.
“Ek was vanjaar saam met die nasionale span by die Wêreldrugby Nasiesbekertoernooi in Uruguay en het vleuel gespeel in ons tweede wedstryd teen Italië-A.”
Klim het dié dag twee drieë gedruk in die Namibiërs se enigste oorwinning op die toer, met 38-22.
“Twee talentjagters het my daar raakgesien en het my deur sosiale media gekontak om te vra wie my agent is. Omdat ons nie vriende op Facebook was nie, het ek aanvanklik nie die boodskap raakgesien nie, maar met ons terugkeer het ons begin praat met die twee agente (een uit Wallis en een uit Frankryk).”
Nadat 'n CV en video met Klim se hoogtepunte van die afgelope seisoen 'n bietjie rondgestuur is, het hy twee aanbiedinge gekry van klubs wat beide in die Engelse eerste liga speel. Die keuse het op Doncaster – 'n klub sowat twee ure se ry oos van Manchester – geval.
Toe Klim laas Saterdag by sy nuwe tuiste aankom, het hy dadelik Doncaster se wedstryd teen Rotherham Titans as toeskouer bygewoon. Rotherham – 'n klub vir wie Tinus du Plessis tevore gespeel het en waar hy steeds vir sy harde flankspel onthou word – was juis die ander klub wat in Klim se dienste belang gestel het. Doncaster het met 36-19 gewen.
Op die Engelse eerste liga (RFA-kampioenskap) se puntelys is Doncaster tans agtste uit die 12 spanne, met Tjiuee Uanivi se London Scottish elfde en Rotherham twaalfde.
Hoewel Klim se kontrak net tot aan die einde van die huidige Engelse seisoen in Meimaand is, bestaan die moontlikheid gewis dat hy met goeie spel 'n verlenging van sy tyd by Doncaster kan afdwing. Alternatiewelik kan hy heel moontlik ook die oog van ander Engelse klubs vang.
BEGINDAE
Klim is 'n gebore Keetmanshoper en het sy laerskooldae by Krönlein voltooi.
“Daar was twee onderwyseresse wat die rugbyspan in graad 1 afgerig het – me. Alta van der Merwe en juffrou Roos. Hulle het my aanvanklik gevra om te kom rugby speel omdat ek die vinnigste naelloper in die tjokkergroep was.”
As 12- en 13-jarige is Klim vir die //Kharasstreek se o.13-span gekies, maar hy het net in die tweede jaar die Cravenweek proefspan gehaal.
Vir die o.16 Grant Khomo-span is sy vertonings vir die streekspan weer oor die hoof gesien en eers vir die o.18 Akademieweek het hy sy eerste nasionale kleure behaal.
“Dit was ook hier waar ek 'n keuse tussen rugby en sokker moes maak. My hele skoolloopbaan het ek sokker ook gespeel en het die nasionale o.17-span en die o.20-groep gehaal. As 'n keuse vir 'n loopbaan het ek egter op rugby besluit.”
Ná skool het hy net een wedstryd vir Keetmanshoop se dorpspan gespeel voordat hy in Windhoek by die destydse Politegnikum (nou NUST) begin studeer en rugby speel het. Hier het hy as nasionale o.19- en o.20-speler met Justin Newman as sy sentermaat deurgebreek.
By 'n sewestoernooi het Klim die eerste keer die boodskap gekry dat mnr. Werner Jeffery (Unam se sportorganiseerder) met hom wou gesels, “maar ek het geweet hy wil hê ek moet vir Unam gaan speel en dus het ek hom ontduik, want ek wou vir Politegnikum speel”, onthou hy.
Kort daarna was daar egter weer 'n sewestoernooi, waarna Klim genooi is om saam met die nasionale sewesgroep te oefen. Ná 'n oefening het Jeffery hom ingewag en oortuig om na Unam oor te stap. Die res is geskiedenis, met Klim 'n uitblinker in die studentespan se premierliga-seges van 2015, 2016 en 2017.
“Unam het 'n klomp goeie jong spelers gehad en Coach Jeff het gesê ek kan binne 'n jaar of twee 'n nasionale speler word en 'n professionele kontrak losslaan.”
As sewesspeler het Klim in 2014 (in Brasilië) en 2016 (in Wallis) die Tisan-span by die wêreldstudentespele verteenwoordig waar hulle die laaste keer vyfde klaargemaak het.
Op Suid-Afrikaanse provinsiale senior vlak het Klim ná 'n moeilike begin in die Vodacombeker hom behoorlik tuis gemaak as 'n aanvallende uitblinker en gereelde driedrukker in die SuperSport-uitdaagreeks en Curriebeker.
Met sy bonkige lyf (95 kg, 1.88 m) het Klim vanjaar ook in sewe toetse gespeel, waarin hy drie drieë gedruk het.
Was dit 'n moeilike besluit om koebaai te sê vir sy spanmaats by die Windhoek Draught Welwitschias, wat tans voorberei om die Suid-Afrikaanse provinsies in 2018 'n ding of twee te wys?
“Omdat dit iets is waarvoor ek my hele loopbaan lank gewerk het en omdat al die afrigters, my klub en die Rugby-unie my gehelp het om vandag hier te wees, was dit nie 'n moeilike besluit nie. Hulle almal ondersteun my. Dis wel moeilik om weg te wees van familie, maar om professioneel te speel, is ons almal se droom. En hier by Doncaster is almal soos familie.”
'X-FAKTOR'
In die nuusverklaring op Doncaster rugbyklub se webblad sê die klub se direkteur van rugby Clive Griffiths: “Lesley se aankoms is nadat hy baie sterk deur Lyn Jones, sy afrigter by die Welwitschias, asook Phil Davies (Namibië se hoofafrigter) aanbeveel is.
“Ons het die video van sy spel bestudeer en het gehou van wat ons gesien het, maar dis nogtans puik dat twee baie skerp beoordelaars soos Jones en Davies hom so 'n blink aanbeveling gegee het.
“Lesley is 'n opwindende aanwins en behoort nommerpas in ons spelstyl in te skakel. Daar is klein dingetjies waaraan ons kan skaaf, maar hy het baie potensiaal en ek is opgewonde om te sien wat hy kan doen.
“Sy spelstyl is soortgelyk aan Andy Bulumakau (Doncaster se gebore Fidjiaanse agterspeler) en hy het nogal X-faktor as baldraer. Hy maak ook impak op die verdediging en sal dus inpas in die manier hoe ons wil speel.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie