Donkies bedreig
Organisasie sê 10 miljoen vaalpense loop gevaar om geslag te word.
Tanja Bause - 'n Internasionale organisasie wat omsien na die welsyn van donkies is bekommerd oor 'n maatskappy met Namibiese en Chinese vennote, Agrinature, wat glo beplan om 'n donkieslagpale op Okahandja oop te maak.
The Donkey Sanctuary het dié kwessie onder die Namibiese Kamer van die Omgewing se aandag gebring.
Volgens 'n omvattende studie van die organisasie loop 10 miljoen donkies die gevaar om geslag te word sodat hul velle na China uitgevoer kan word. Dit om die toenemende aanvraag na “ejiao”, 'n tradisionele Chinese middel, te bevredig.
The Donkey Sanctuary is in Brittanje gestasioneer en hulle ondersteun donkiewelsynprojekte in 35 lande. Hulle eis dat die slag van donkies en die uitvoer van hul velle onmiddellik gestop moet word tot daar genoeg bewyse is dat die slagting volhoubaar en menslik is.
Hul ondersoek het bevestig donkies in Afrika, Asië en Suid-Amerika word vir hul velle gesteel en geslag.
“Ons het berigte ontvang van donkies waarvan die velle lewendig afgetrek word. Hulle word ook wreed doodgeslaan en vir ure sonder kos of water vervoer,” het mnr. Alex Mayers, internasionale programbestuurder van The Donkey Sanctuary, gesê.
Lande soos Burkina Faso en Niger het reeds die uitvoer van donkievelle verban.
Die vel van 'n gesonde, goedversorgde donkie het glo dieselfde waarde as die van 'n maer, verwaarloosde donkie. Dit beteken handelaars is nie oor die toestand van die donkie of sy welsyn begaan nie.
“In baie dele van die lande waar die donkies toenemend nou afgeslag word, word die diere gebruik vir vervoer. In Tanzanië was daar 'n geval waar die donkies in 'n klein gemeenskap gevang en geslag is. Dit is 'n verwoestende slag vir die gemeenskap, wat nou sonder vervoer is,” het Mayers gesê.
Die gelatien van die donkie se vel word gebruik om ejiao te maak. Ejiao word glo in kos of water gebruik of in kosmetiese middels soos gesigroom. Daar word geglo dit verbeter bloedsirkulasie. Dit word ook deur mense met bloedarmoede, lae bloedtellings en voortplantingprobleme gebruik.
In 2014 het die Namibiese ambassadeur, mnr. Ringo Abed, wat toe in China gestasioneer was, volgens Nampa gesê Namibiërs moet met donkies teel sodat hulle uitgevoer kan word. Volgens Nampa is Abed deur Chinese sakemanne genader om 5 000 lewendige donkies na China toe uit te voer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie