Donkieslagpale nie gegewe
Sowat 120 donkies sal per dag by 'n beplande slagpale op Okahandja geslag word.
Tanja Bause
'n Omgewingsimpakstudie vir die gesamentlike Chinese en Namibiese maatskappy, AgriNature Investment Trade, is reeds deur CNM Environmental Consulting Services voltooi.
Die maatskappy is in beheer van die beplande donkieslagpale op Okahandja en die studie is reeds by die ministerie van die omgewing en toerisme vir 'n omgewingsklaringsertifikaat ingedien.
Die departement van omgewingsake in die ministerie het bevestig die verslag is by die omgewingskommissaris en moet nog hersien word. Geen besluit is dus al oor die beplande slagpale geneem nie.
Die burgemeester van Okahandja, mnr. Johannes Hindjou, het Maandag egter gesê 'n omgewingsimpakstudie moet nog gedoen word. Hy kon egter nie sê wie die studie gaan doen nie. Die gemeenskap sal ook tydens openbare vergaderings die geleentheid hê om insette te lewer.
“Die dorpsraad sal vergader en op 'n datum vir die openbare vergaderings besluit. Ons sal almal dan laat weet wanneer die vergaderings sal plaasvind,” het Hindjou gesê.
Die uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit, me. Martha Mutilifa, het aan Namibian Sun gesê sy gaan geen kommentaar oor die donkieslagpale lewer nie.
“Ek het geen inligting nie. Ons het besware ontvang, maar afgesien daarvan weet ek niks,” het Mutilifa gesê. Volgens Hindjou het die munisipale raad geen grond vir die bou van slagpale aan enige maatskappy of persoon gegee nie.
“Erf 780, waar die konstruksie van die slagpale beplan word, behoort aan 'n Chinese maatskappy. Ons weet nie of hulle die grond verkoop of verhuur het nie. Die grond behoort nie aan die dorpsraad nie,” het Hindjou gesê.
werkskepping
Volgens hom het die dorpsraad met die ontvangs van die aansoek vir die slagpale gevoel dit is 'n goeie idee met betrekking tot werkskepping en ekonomiese ontwikkeling. Intussen het die raad meer inligting oor die beplande slagpale ontvang en kan hulle nou volgens hom 'n meer ingeligte besluit neem.
“Ek het mnr. Alex Meyers van The Donkey Sanctuary ontmoet en ons het 'n baie goeie gesprek gehad. Ek ontvang ook honderde e-posse met besware teen die slagpale. So 'n slagpale is nie goed vir die omgewing of vir die donkies nie, so ons moet nou na die gemeenskap luister.
Die raad sal dan vergader en gevolglik 'n besluit neem. Hoewel ek die burgemeester is, kan ek nie alleen die besluit neem nie, die raad sal besluit,” het Hindjou gesê.
Volgens 'n petisie wat deur lede van die Okahandja-gemeenskap onderteken is, behoort erf 780 aan Everlasting Iron Sheet Investment, wat die grond sowat vyf jaar gelede gekoop het.
Volgens die petisie word daar beplan om 120 donkies per dag te slag. Sou dit die geval wees, moet die munisipaliteit 30 000 liter water per dag aan die slagpale kan voorsien.
“Ons het 'n baie goeie gesprek met mnr. Alex Meyers gevoer. Ons gaan van ons kant af twee dinge implementeer. Eerstens gaan ons met die gemeenskappe begin saamwerk, sodat hulle hul donkies beter kan oppas en versorg. Ons sal met hul samewerking en die samewerking van The Donkey Sanctuary beskerming vir die donkies se rûe ontwikkel om hulle te beskerm wanneer hulle swaar vragte moet vervoer,” het mnr. Abner Xoagub van die Donkib (||îb) Ge-kultuurgroep gesê.
Volgens hom oorweeg hulle ook om 'n werkswinkel op te rig waar “ligter” donkiekarre vervaardig word.
“Dit is 'n vorm van werkskepping en gaan verseker die donkiekarre is nie te swaar vir die donkie om te trek nie. Nou bou mense die karre uit allerhande goed en dit is dikwels te swaar. Ons kan ligter, goedkoop en eenvoudige donkiekarre vir die mense bou,” het hy gesê. “Die waarde van 'n donkie strek verder as sy ekonomiese waarde. Hulle het baie tradisionele waarde vir veral my mense. Daar is baie gedigte en stories oor donkies en oor wat hulle vir ons doen en wat die diere vir ons beteken,” sê mnr. Werner Thaniseb van die Donkib (||îb) Ge-kultuurgroep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie